Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
3 SA skole spog met ewe veel voor-Bokke

Bloemfontein. – Met Adriaan Strauss se aanstelling as die nuwe Springbokkaptein vandeesweek, is daar nou drie Suid-Afrikaanse skole wat elk drie Springbokkapteins opgelewer het.

Strauss is die 57ste speler sedert die Springbokke se eerste toets in 1891 wat vir die Groen en Goud in ’n toets voor draf.

Grey-kollege in Bloemfontein, Bishops in Kaapstad en Grey se groot aartsvyand, Paul Roos-Gimnasium op Stellenbosch, het nou drie toetskapteins elk (sien grafika hiernaas).

Sentraal-Suid-Afrika het nou nege van die 57 toetskapteins opgelewer. Benewens die drie van Grey het die Hoër­skool Sentraal twee kapteins opgelewer: Nelie Smith (voer die span in 1964 en 1965 aan) en Piet Greyling (1972). So ook Kimberley Boys’ High: Jackie Powell (1903) en Uncle Dobbin (1912).

Interessant is dat Springbokkaptein nr. 53, Jean de Villiers, en nr. 54, Schalk Burger, albei oudleerlinge van dieselfde skool, Paarl-Gimnasium, is.

Tommy Bedford, Springbok-kaptein in 1969 (St. Patrick CBC in Kimberley), en Tiaan Strauss, in 1994 (Hoërskool Upington), is die ander oudleerlinge wat kaptein van die Springbokke in ’n toets was.

Interessant is dat Springbokkaptein nr. 53, Jean de Villiers, en nr. 54, Schalk Burger, albei oudleerlinge van dieselfde skool, Paarl-Gimnasium, is.

Gary Teichmann en Bobby Skinstad, wat destyds bo Teichmann vir 1999 se Wêreldbeker-toernooi gekies is, is albei oudleerlinge van die Hilton College in die KwaZulu-Natalse Middelland wat Springbokkapteins geword het.

Adriaan en Tiaan Strauss is nou een van sewe pare Bok-kapteins met dieselfde van. Die ander is Dougie en Boy Morkel (familie), Felix en Morné du Plessis (die enigste pa en seun wat al vir die Bokke voor uitgedraf het), Hennie en Johann Muller, Johan en Wynand Claassen (albei vroeg bles), Avril en Abie Malan (wat om die beurt in 1963 en 1964 kaptein was) en Dawie en Jean de Villiers (albei blondekoppe).

  • Kry die stut Steven Kitshoff teen die Iere speelkans, sal Paul Roos sy getal Springbokke na 48 opstoot en sodoende sy plek boaan die lys verstewig as die skool wat die meeste Bokke opgelewer het. Grey is in die tweede plek met 45, Bishops (41) is derde, SACS (32) vierde, Paarl-Gim (28) vyfde en Kimberley Boys’ High (23) sesde.

Meer oor:  Adriaan Strauss
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.