Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Drie swem twee ure na land toe boot omslaan

Drie mans van Centurion het Vrydag ure lank aan hul omgekeerde skiboot geklou, uiteindelik meer as twee uur lank strand toe geswem en daarna kuslangs gestap totdat hulle uiteindelik deur ’n soekgeselskap gevind is.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is die skiboot Vrydag om 10:30 sowat 3 km van die kus van Diepgat aan die noordkus van KwaZulu-Natal af deur ’n brander omgeslaan.

Die skiboot Salticrack is Saterdag suid van Sodwanabaai aan KwaZulu-Natal se noordkus gevind waar dit uitgespoel het.Foto: NSRI
Die skiboot Salticrack op die strand waar dit uitgespoel het. Foto: NSRI

Hierna het die mans vir meer as vier uur op die boot, van 5,7 m lank, probeer dryf. Hulle is egter aanhoudend deur die branders afgeslaan en het toe aan die onderkant van die boot geklou. Nadat hulle besef het dat hulle verder die see in dryf, het hulle onderin die boot geduik, hul reddingsbaadjies gaan haal en na die kus begin swem.

Hulle het met reddingsbaadjies aan vir meer as twee uur geswem totdat hulle by die kus, suid van Sodwanabaai, aangekom het.

Met hul aankoms op die strand, uitgeput en met sonbrand, het hulle die reddingsbaadjies agtergelaat om die aandag te trek van enigiemand wat na hulle sou soek en aan te dui waar hulle die kus bereik het.

Hierna het hulle strandlangs gestap totdat ’n soekgeselskap wat met viertrekvoertuie gesoek het, hulle teen 18:00 naby Mseni Lodge gevind het.

Die NSRI is deur familielede van die mans ontbied nadat hulle nie betyds van die see af teruggekeer het nie.

Die mans is ongedeerd.

Etienne Fouche, die kaptein, is ook ’n vrywilliger van die NSRI by Hartebeespoortdam en was saam met twee mans van tussen 31 en 34 jaar oud op die boot, luidens die verklaring van die NSRI.

Personeel van die iSimangaliso-vleilandpark het Saterdagoggend die skiboot, Salticrack, sowat 13,8 km suid van Sodwana gevind waar dit uitgespoel het.


Meer oor:  Seeredding  |  Boot  |  Nsri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.