Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Drie vinnige Avanza’tjies vang ouers onkant

’n Vrou van Indonesië het besluit om haar drieling na ’n Toyota te vernoem nadat sy in ’n Avanza aan hulle geboorte geskenk het.

News24 berig dat Mumun Muafiyah kraampyne begin kry het terwyl sy onderweg was na ’n hospitaal in die Indonesiese stad Cilegon.

The Jakarta Post berig dat ’n familielid Muafiyah moes bystaan met die bevalling op 27 Augustus.

Die familielid het Muafiyah en haar man, Azri Prihatna, in ’n Avanza na die hospitaal, sowat 25 km van hul huis af, gehaas.

Nog voordat hulle die kliniek kon bereik, is die ander twee babatjies binne die bestek van tien minute gebore.

Die derde babatjie het die egpaar onkant gevang, omdat hulle onder die indruk was dat hulle ’n tweeling verwag.

Eers ná die geboorte het die ma en baba’s by die hospitaal uitgekom, waar ’n dokter bevind het dat hulle gesond en buite gevaar is.

In Indonesië is die gebruik van ’n familienaam nie algemeen nie, en die ouers kan kies wat hul kinders se volle doopname is.

Die drieling is gedoop Nazrina Khaira Avanza, Nazrina Haura Avanza and Nazrina Khaula Avanza.

“Avanza beteken vooruitgang. Dit is vir ons ’n goeie herinnering en ons is vol hoop dat ons kinders sal grootword om gesonde, intelligente en dienstige mense te wees,” sê die drieling se pa.

Meer oor:  Indonesië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.