Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Drieling-kalfies laat boer se oë rek
Die drieling-kalwers wat Sondagoggend op die plaas, Damserug, by Krakeelrivier in die Langkloof gebore is.

In die 85 jaar wat ’n boer van die Langkloof op sy plaas is, was hy Sondag vir die eerste keer met ’n drieling-kalwers verras.

Okkie Strydom (links) en sy vrou, Christa (regs), voer een van die drieling-kalwers met ’n bottel.

Okkie Strydom (85) en sy vrou, Christa (71), het Sondagoggend wakker geword toe die hemele reën oor hul plaas, Damserug, in Krakeelrivier uitgiet. Hul dankbare harte is oomblikke later selfs meer gevul toe hulle by die beeskraal instap en daar drie pasgebore kalfies by ’n koei lê.

Okkie Strydom maak seker die koei is sterk ná die geboorte van die drieling.

Die drie kalfies, ’n bulletjie en twee versies, is van ’n Ngunibul en ’n koei, wat tussen ’n Angus- en Jerseybees gekruis is, afkomstig.

“Vanoggend (Maandag) is al drie baie sterk en aan die gang. Twee is gevoer met ’n bottel. Die derde een het hom knuppeldik gesuip aan sy ma,” sê Christa.

“Vanoggend gaan daar ’n dankie uit aan die Here. Ons het so hard gebid vir reën en die drie se oorlewing deur die nag en hier is dit. Ons is dankbaar, baie dankbaar.”

Nóg ’n boer by Krakeelrivier in die Langkloof, Gawie le Roux, eienaar van die plaas Grootnek, het Maandag gesê hy het 32 mm se reën sedert Sondag gemeet.

“Dit is die eerste goeie reën wat ons in twee maande kry.”

In Augustus en September het Le Roux onderskeidelik 2 mm en 3 mm se reën by sy plaas gehad.

Meer oor:  Langkloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.