Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Druk verkeer op N3 verwag

Hoë verkeersvolumes word Dinsdag op die N3-tolroete verwag.

N3 Toll Concession (N3TC), wat die N3-tolroete tussen Cedara in KwaZulu-Natal en Heidelberg in Gauteng bestuur, sê in ’n verklaring daar word veral ’n toename in verkeer in die rigting van Gauteng verwag namate mense van die langnaweek terugkeer huis toe. Motoriste word gemaan dat hulle van 09:00 tot 18:00 verkeersopeenhopings kan verwag.

N3TC raai motoriste aan om van die pad af te trek en te rus as hulle nie meer kan konsentreer nie. In spitsverkeer is daar bykomende druk op bestuurders, wat daartoe lei dat hulle vinniger moeg word en nie meer goed fokus nie. Bestuurders wie se aandag afgelei word, kan ongelukke veroorsaak, lui die verklaring.

Vir intydse verkeersinligting of noodbystand van N3TC, bel 0800 63 43 57.

Meer oor:  Vryheidsdag  |  Verkeer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.