Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Drywer sterf by De Doorns wyl mense vrag plunder
’n Vragmotorbestuurder is Sondag dood en sy assistent beseer nadat hul vragmotor op die N1-hoofweg buite De Doorns in Worcester in die Wes-Kaap omgeslaan het.Foto: Verskaf

’n Vragmotorbestuurder is Sondag dood en sy assistent beseer nadat hul vragmotor op die N1-snelweg buite De Doorns in die Wes-Kaap omgeslaan het.

“Iemand het blykbaar ’n voorwerp deur die voorruit van die vragmotor gegooi waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en van die pad gery het. Hy is dood. Sy assistent het beserings opgedoen,” het Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, Sondag aan Netwerk24 gesê.

Volgens Africa het ’n skare mense glo die vragmotor ná die ongeluk van sy vrag gestroop. Hy kon nie sê watter vrag die vragmotor gedra het nie.

“Ek het eers heelwat later van die voorval te hore gekom. Nooddienste, polisiebeamptes en reddingswerkers was op die toneel,” sê Africa.

Volgens Gavin Kelly, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Padvervoervereniging, het inwoners van ’n nabygeleë nedersetting na bewering die vragmotor geplunder.

“Dié soort voorvalle kom gereeld voor en daar is groot kommer dat dié wetteloosheid toegelaat word. Dit is absoluut skokkend wat mense aan mekaar doen,” sê hy.

Sers. Noloyisa Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, was nie bewus van die voorval nie.

Iemand het blykbaar ’n voorwerp deur die voorruit van die vragmotor gegooi waarna die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en van die pad gery het.Foto: Verskaf
Die vragmotorbestuurder is oorlede. Sy assistent het beserings opgedoen.Foto: Verskaf
Polisie en omstanders op die toneel van die vragmotorongeluk. Foto: Verskaf
’n Skare mense het glo die vragmotor ná die ongeluk van sy vrag gestroop.Foto: Verskaf
Meer oor:  De Doorns  |  Vragmotor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.