Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Drywer stop trein, ontbied DBV om hond te red

’n Wakker treindrywer met ’n ruim hart het Woensdagoggend die lewe van ’n hond gered toe hy sy trein tot stilstand gebring het om die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te laat weet daar is ’n hond aan die treinspoor vasgemaak.

Vicky Finnemore, bestuurder van Benoni se DBV-tak, sê die drywer het gewag totdat hulle op die toneel naby die Modderbee-gevangenis in Daveyton aan die Oos-Rand opgedaag het.

Max was met ’n kort tou aan ’n treinspoor naby Daveyton aan die Oos-Rand vas. Dit gaan reeds beter nadat hy deur ’n veearts ondersoek is en kos gekry het. Foto: Facebook
Max het ’n draai by ’n veearts gemaak, is gebad en het ’n bak kos gekry.Foto: Facebook

“Hy wou nie sy naam gee nie en wou so gou moontlik verder ry,” sê Finnemore.

“Die hond is vermoedelik al Dinsdagaand met ’n stuk tou aan die spoor vasgemaak en in die reën en koue gelos. Die tou was nie baie lank nie en talle treine moes deur die aand naby aan hom verbygekom het.

“Hy is oud en was ondervoed. Hy het sere op sy rug en boude, moontlik omdat hy lank op ’n harde oppervlak gelê het. Dit is duidelik dat iemand nie meer hierdie hond wou hê nie.”

Die hond, wat intussen Maximus of Max gedoop is, het ook talle parasiete op sy lyf gehad. ’n Veearts het hom behandel, hy is gebad en het ’n bak kos verorber.

“Dit gaan al klaar baie beter met Max. Hy rus kort-kort sy kop op iemand se been vir ’n bietjie aandag. Dit lyk asof hy weer ’n bietjie lewenslus het,” sê Finnemore.

Die volgende stap is om ’n gesin te vind wat hulle oor hom sal ontferm.

“Dit was beslis ’n sadistiese persoon wat dit aan arme Max gedoen het. Hulle kon net vir ons gesê het hulle wil hom nie meer hê nie en ons sou hom ingeneem het,” sê Finnemore.

Max pryk met sy skoongewaste pels. Foto: Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.