Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Duikers soek na tiener wat by Kleinzee verdrink het

Die Upingtonse polisie se duikspan is op soek na ’n vermiste tiener nadat hy Saterdag in die moeilikheid beland het.

Austin Klopper (14) het volgens Radio NFM Sondag in die see by Kleinzee verdrink.

Austin Klopper word nog vermis in die see by Kleinzee in die Noord-Kaap. Foto: Facebook

’n Woordvoerder wat namens die familie gepraat het, Lindsay Klopper, het gesê hulle vermoed hy het gaan swem en in die moeilikheid beland.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het aan Netwerk24 bevestig Klopper het saam met sy neef gaan swem.

“Daar word vermoed hy het in die see gespring en is nie weer gesien nie,” het Mooi gesê.

Mooi het Woensdag gesê die duikspan van Upington is steeds besig om na Klopper te soek.

Mooi kon egter nie bevestig waar in die Wes-Kaap Klopper vandaan is nie, net dat hy ’n gr. 8-leerling is.

Hy was in Kleinzee saam met sy familie om by sy siek ouma te gaan kuier, luidens die familiewoordvoerder.

Meer oor:  Austin Klopper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.