Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Duikers soek steeds na Zimbabwiër in Vaalrivier
Die polisie en lede van die NSRI het ’n soektog gelas na ’n 30-jarige Zimbabwiese man wat in die Vaalrivier geval en vermis geraak het. Foto: NSRI

Polisieduikers en lede van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ’n soektog gelas na ’n 30-jarige man wat Saterdag in die Vaalrivier beland en vermis geraak het.

Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, sê hul lede by die Vaaldam is Saterdag om 17:45 uitgeroep.

Hy sê ’n Zimbabwiese man het na verneem word gegly en in die rivier beland, sowat 35 km vanaf die NSRI se reddingskantoor in Deneysville in die Vrystaat.

Lede van die NSRI, die polisie en ’n polisieduiker was op die toneel, maar ten spyte van ’n uitgebreide soektog kon nog geen teken van die man gevind word nie.

Lambinon sê die soektog word voortgesit.

Meer oor:  Nsri  |  Vaalrivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.