Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Duisende by eerste Nampo Kaap verwag

Minstens 10 000 besoekers word verwag by die eerste Nampo Kaap-landboutentoonstelling van 12 tot 14 September in Bredasdorp in die Overberg-streek.

Dit is die eerste jaar dat die landboutentoonstelling in Bredasdorp in die Wes-Kaap aangebied word.

“Omdat dit die eerste jaar is, is ons vol verwagting,” sê Henk Aggenbach, voorsitter van die direksie van die Bredasdorp Mega Park, die terrein waar dit plaasvind. “Ons verwag so tussen 10 000 tot 15 000 besoekers.”

’n Besoeker aan Nampo kyk na die trekkers wat deur John Deere uitgestal word. Trekkerverkope is in Mei vanjaar 2% hoër as ’n jaar gelede.

Die Agri Mega Week is vantevore in Bredasdorp aangebied, maar volgens Pro Agri het dit na die Kaapse metropool verskuif. ’n Besluit is toe geneem om Nampo Kaap in Bredasdorp aan te bied.

Nampo Kaap is soortgelyk aan die jaarlikse Nampo-oesdag in Bothaville in die Vrystaat.

Nampo Kaap bied onder meer ’n skou- en vee-program, demonstrasies van gewasse, uitstallings van trekkers en motors, ’n program vir vroue en gespreksessies aan. Meer as 200 uitstallers neem deel.

Volgens Aggenbach maak grondhervorming deel uit van Woensdag se Nasie in Gesprek-reeks. Die eerste sessie Woensdag met Theo Vorster as die gespreksleier begin 09:30 en handel oor “Hoe skep ons nuwe energie in landbou? Wat is die rol van georganiseerde landbou, teen die agtergrond van grondhervorming, stygende lone, en meganisasie?”.

Van 14:00 tot 15:30 word die intensiewe veeboerdery se rol in volhoubare vleisproduksie bespreek.

Donderdag van 09:30 tot 11:00 kom die toekoms van die garsbedryf vir belanghebbendes aan die beurt met Jannie de Villiers van Graan SA as gespreksleier en van

14:00 tot 15:30 word “Opleiding en opleidingsinstansies in landbou: konsolidasie of spesialiteit” met Vorster as gespreksleier bespreek

Vrydag van 09:30 tot 11:00 is die tema “Fokus op die jeug: Gegewe die huidige ekonomiese druk en die uitdagings wat die landbousektor (en totale waardeketting) in die gesig staar – waar lê die geleenthede, en hoe kan die regte individue opgelei word om die bedryf vorentoe te neem?”.

Meer oor:  Overberg  |  Bredasdorp  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.