Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Duisende in O-Vrystaat sonder krag

Duisende kragverbruikers in die Oos-Vrystaat is tans weens kabeldiefstal by ’n landelike substasie sonder krag.

Eskom sê in ’n mediaverklaring kabeldiefstal by die Greenlands-substasie het daartoe gelei dat die dorpe Frankfort en Heilbron sonder krag is.

Die kragtoevoer is Maandag omstreeks 07:30 onderbreek.

Talle kraglyne na plase in die gebied word ook deur die onderbreking geraak.

Die substasies vir landelike kragverbruikers in die gebied word deur die diefstal geraak.

Boere en ander landelike kragverbruikers op die Tweefort-, Greenlands-, Heilbron- en Frankfort-kraglyne ondervind ook tans kragonderbrekings.

Eskom is besig om vas te stel hoeveel skade veroorsaak is voordat hy kan aandui hoe lank die krag af sal wees.

Die kragverskaffer veroordeel die jongste vlaag van vandalisme ten sterkste en sê dit veroorsaak miljoene rande se skade terwyl dit ook tot ongerief en skade vir sy kliënte lei.

Meer oor:  Oos-Vrystaat  |  Kragonderbreking  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.