Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Duisende Kaapse kinders uit ouerhuise verwyder

Duisende kinders in die Wes-Kaap is weens verwaarlosing, mishandeling en verkragting uit hul ouerhuise verwyder.

Dit is luidens statistieke wat Sharna Fernandez, Wes-Kaapse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, in haar toespraak op die Afrika-streekkonferensie oor trauma by kinders bekend gemaak het. Die konferensie is in Kaapstad aangebied.

Sharna Fernandez, LUR van maatskaplike ontwikkeling in die Wes-Kaap.Foto: Verskaf

Fernandez het gesê dat haar departement uiters bekommerd is omdat 36 173 kinders uit hul ouerhuise verwyder en in plekke van veiligheid geplaas moes word.

“Ons samelewing se maatskaplike weefsel word deur die siklus van geweld, seksuele mishandeling, alkohol- en dwelmmisbruik en die verbrokkeling van die gesinseenheid uitmekaargeskeur,” het sy gesê.

Die LUR sê elke dag word gehoor van babas wat weggegooi of vermoor word, soms deur hul eie ouers, terwyl kinders ook verkrag en mishandel word.

“Dit maak my hartseer. Ons hoor daagliks van die kultuur van geweld in ons gemeenskappe, veral in gebiede wat geraak word deur bendegeweld en waar die werwing van kinders om geweldsmisdade te pleeg besig is om ons gesinne te vernietig.”

Sy sê in 2009 was daar een hoofkantoor vir maatskaplike ontwikkeling en 16 distrikskantore, terwyl daar nou 45 plaaslike kantore en verskillende dienspunte of satellietkantore in die provinsie is.

“In totaal is daar net meer as 1 500 spesialiste in maatskaplike werk oor die provinsie heen in vergelyking met die 503 poste wat daar tien jaar gelede was.”

Sy sê buiten die 36 173 kinders wat in alternatiewe sorg geplaas is, bied die departement ’n veilige omgewing aan 87 500 kinders per jaar in sentrums vir vroeë kinderontwikkeling en naskoolse programme.

Volgens Fernandez word die nuwe SMS-blitslyn vir kinderbeskerming oorval met oproepe van mense wat gevalle van mishandeling of verwaarlosing aanmeld.

Sy sê mense kan net die woord “help” na 31022 SMS en iemand sal hulle dadelik bel.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Kinders  |  Verkragting  |  Mishandeling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.