SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Duisende kom kyk blomme in Parys

Parys se tweede Madeira-Vrystaat-blommefees het vanjaar weer duisende toeskouers na die dorp gelok.

Mense het ure lank geduldig langs die dorp se hoofstraat gewag op die optog van sierwaens, motorfietsryers, dansers en reusagtige marionette.

Reusemarionette, dansers en sierwaens was deel van die optog. Foto: Alet van der Walt

Die skouspel, wat volgens die organiseerders verlede jaar deur 30 000 mense gesien is, het vanjaar ook heelwat besoekers uit Madeira gelok.

Ace Magashule, Vrystaatse premier, en Miguel Albuquerque, president van Madeira, het die optog gelei en besoekers amptelik verwelkom.

Sierwaens wat die ses toerismeroetes in die Vrystaat verteenwoordig, dansers, motorfietsryers, veteraanmotors, fietsryers, trompoppies en ’n slagorkes was deel van die optog.

Plaaslike inwoners en besoekers aan Parys het langs die dorp se hoofstraat gewag vir die optog van sierwaens met blomme getooi asook marionette, motorfietse, dansers en veteraanmotors.Foto: Alet van der Walt
Sierwaens het die onderskeie toerismeroetes in die Vrystaat verteenwoordig en was deel van die optog deur Parys se strate.Foto: Alet van der Walt

’n Little Miss Flower, gekies uit plaaslike kinders, is reeds Vrydag aangewys.

Die blomme op die sierwaens is aan verskeie liefdadigheidsorganisasies beloof en sou ná afloop van die geleentheid aan dié organisasies geskenk word. Kundiges uit Madeira het die week nege plaaslike inwoners help oplei in die bou en versierings van die sierwaens.

Die blommebuurt, wat nie verlede jaar betyds voltooi is nie, was Vrydag ’n miernes van bedrywigheid. Kos- en ander stalletjies, kunswinkels en buitelugvermaak het besoekers na die blommebuurt gelok.

Die Vrystaatse blommefees is geskoei op ’n soortgelyke fees wat jaarliks in Madeira gehou word.

Meer oor:  Parys  |  Vrystaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.