Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Duitse LP bekyk plaasmoorde ná gesprek met Steve
Steve Hofmeyr Foto: Felix Dlangamandla

'n Parlementslid van die amptelike Duitse opposisieparty het Vrydagoggend onderneem om die kwessie van plaasmoorde in Suid-Afrika in sy tuisland te belig.

Petr Bystron van die Alternative für Deutschland-party (AfG) sê sy party sal sorg dat dié kwessie in die Duitse parlement aangehoor word. 

Dít kom nadat Bystron Vrydagoggend met die Afrikaner-aktivis Steve Hofmeyr en ander belanghebbendes in Centurion koffie gedrink het. 

"Ons is vir 'n paar dae in Suid-Afrika om met verskeie rolspelers oor plaasmoorde en grontonteiening te praat. Steve is 'n groot stem in die debat," het Bystron gesê.

Hofmeyr het gesê hy het Bystron ontmoet om bewusmaking in die buiteland oor plaasmoorde te kweek.

"In Europa is daar 'n tendens dat behoudende partye meer steun werf en ons wil vriende maak met mense wat soos ons dink." 

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Petr Bystron  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.