Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Duitser koop Noetzie se kastele vir R28,5 m.
Die slaapkamer in Cliff Castle met sy panoramiese uitsigte.

’n Duitse koper het drie van die sprokieskastele aan die Noetzie-strand naby Knysna vir ’n totaal van R28,5 miljoen opgeraap, insluitende die meubels.

Die koper verkies om anoniem te bly.

Dit blyk ’n winskoop te wees in die lig daarvan dat die drie kastele in 2015 vir meer as R50 miljoen in die mark was.

Die kastele is in Maart vanjaar op ’n eiendomsveiling van High Street Auctions aangebied, maar die finale besonderhede van die transaksie is ná die veiling onderhandel, sê Joff van Reenen, High Street se hoofafslaer en direkteur.

Die drie kastele aan die Noetziestrand naby Knysna, wat onlangs aan ’n Duitse koper vir R28,5 miljoen verkoop is.

Hy sê die internasionale koper het aanlyn met ’n aanbod vorendag gekom, wat aan die verkoper voorgelê is. “Ná lewendige onderhandelings het die partye ooreengekom op die koopsom.” Daar is sedertdien aan die nodige vereistes voldoen en die verkoopstransaksie is afgehandel.

Die eiendomme is Pezula Castle, Beach Castle en Cliff Castle, elk met hul eie unieke kenmerke. Saam bied die drie eiendomme vyf suites met luukse verblyf en al die tierlantyntjies wat gepaardgaan met ’n wêreldklas-gastehuis.

Pezula Castle het sy eie private tuin met ’n verhitte swembad.

Pezula Castle het sy eie private tuin, groot terrasse, ’n verhitte swembad en ’n toegeruste gimnasium. Beach Castle is ’n romantiese eiendom met eksklusiewe privaatheid, terwyl Cliff Castle hoog teen die hange van die rotswand panoramiese uitsigte op die see en die strand bied.

Gerugte doen die ronde dat die kastele in ’n eksklusiewe boetiekhotel – geskik vir konings – omgeskakel gaan word.

Van Reenen sê 99% van alle residensiële eiendom kan op ’n veiling van die hand gesit word teen ’n prys wat deur die mark bepaal word. “Die oorblywende 1% sal bykans net ’n koper op ’n veiling kry omdat dié segment oor buitengewone eiendomme beskik wat net deur buitengewone kopers aangeskaf sal word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.