Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Durbanville-aanval: Johann se pad vorentoe ‘onseker’

Johann van Wyk (65), wat Sondagaand in sy huis met ’n mes aangeval is, is stabiel in die Mediclinic Durbanville, maar dit is onseker wat die pad vorentoe is.

So het sy dogter, Alet, Vrydag gesê ná haar ma, Helga, se gedenkdiens by die Hoërskool Monument Park in Kraaifontein waar sy byna 28 jaar Afrikaans gegee het.

Helga is ten tyde van die aanval met ’n mes in die hart gesteek en is in haar bed dood.

“Ons probeer elke oomblik by my pa in die waakeenheid wees. Dit gaan al beter met hom, en die dokters sê hy sterk goed aan. Ons is net onseker oor die toekoms,” sê Alet.

Johann, ’n afgetrede advokaat, is vyf keer in die aanval gesteek en die een steekwond is in sy maag. Alet het voorheen gesê sy organe is nie beskadig nie.

Johann en Helga van Wyk.Foto: Facebook

Alet sê die gedenkdiens vir Helga, wat om 09:00 in die skoolsaal gehou is, was “mooi en gepas”. Sy sê die hoof, Kallie Stevens, asook ’n kollega van haar ma, Joan Louw, en die skool se hoofdogter het tydens die gedenkdiens gepraat en huldeblyke gelewer.

“Dit was ’n baie mooi boodskap, en die familie waardeer dit,” sê Alet.

Onder diegene wat die diens bygewoon het, was Alet se twee broers, Andre en Schalk, asook van Helga se kollegas, oudkollegas en oudleerlinge.

“Sy het in 28 jaar baie kinderlewens aangeraak,” het Alet gesê.

Alet en Andre is albei oudleerlinge van die skool, maar het nooit by hul ma klas gehad nie. Alet sê haar ma het Afrikaans eerste addisionele taal gegee, terwyl hulle Afrikaans huistaal geneem het.

Schalk was in die Hoërskool Durbanville.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.