Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Konsternasie toe Kaapse hotel brand
durbanville
'n Brand het vroegoggend by die Ruslamere Hotel, Spa and Conference Centre in Durbanville ontstaan. Foto: Verskaf

’n Brand het Dinsdagoggend vroeg in die Ruslamere Hotel, Spa en Konferensiesentrum in Langebergweg in Durbanville naby Kaapstad uitgebreek.

Foto’s van die brand is reeds vroegoggend op sosiale media versprei.

Volgens Ron Kenyon, inwoner en verkoopsbestuurder, het hy omstreeks 05:00 van die personeel en gaste se geskree wakker geword.

“Ek het eers gedink daar was iemand in my tuin, maar toe hoor ek ’n vreemde geluid.”

Hy het na sy dogter se kamer gegaan om te kyk of iemand buite rondloop.

“Toe ek die venster oopmaak, het ek die brand gesien.”

Kenyon sê mense het buite die hotel op die parkeerterrein gestaan.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brand-en-nooddienste, sê die stad se brandweerdiens is omstreeks 05:30 na die toneel.

Carelse sê almal was uit die hotel ontruim en niemand is beseer nie. Die kombuis, ontvangsgebied, twee kantore, 'n slaapkamer en 'n badkamer is egter in die brand beskadig, terwyl die hele gebou rookskade opgedoen het.

Die brand is teen 11:30 volledig geblus en die gebied is weer veilig.

* Die destydse eienaar van Ruslamere, Russell Henri Rathbone, is in 2016 naby Carnarvon in die Noord-Kaap in 'n motorongeluk dood. Hy was op pad na Botswana.

brand
'n Brand het Dinsdagoggend in 'n hotel en gastehuis in Durbanville, Kaapstad, ontstaan. Foto: Verskaf

brand
Ruslamere Hotel, Spa and Conference Centre in Durbanville brand vroeg Dinsdagoggend. Foto: Facebook/ Ron Kenyon

Meer oor:  Kaapstad  |  Durbanville  |  Brand  |  Hotel  |  Spa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.