Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eben: ‘Só het MRK my ingedoen’

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het sy eie prosedures, die reëls wat hom bind en ook Suid-Afrika se grondwet geminag in die hantering van sy saak.

Eben Etzebeth sê in hofstukke die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het nie ’n wettige proses gevolg in sy ondersoek na bewerings van aanranding en rassisme teen dié Springbok-slot nie. Foto: Getty Images

So sê die Springbok-slot Eben Etzebeth in hofstukke wat hy by die Johannesburgse hooggeregshof ingedien en op die MRK beteken het. Etzebeth, wat van aanranding en rassisme beskuldig word, sê hy het steeds nie inligting ontvang oor wie die klaer is en wat die aantygings teen hom is nie.

Etzebeth gee in sy hofstukke kennis van ’n aansoek om “die besluit van die MRK om sy ondersoek van die klag teen my te staak” en ’n klag teen hom “in die gelykheidshof van stapel te stuur” tersyde gestel te kry.

Hy voer aan die MRK het nie kwessie deeglik ondersoek nie en dat hy sy magte van ondersoek “misbruik” het.

“Die grondwet en Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie-wet bepaal dat die kommissie onafhanklik moet optree,” voer Etzebeth aan.

“Artikel 181(2) van die grondwet, wat bepaal dat die kommissie ’n staatsinstelling is wat die konstitusionele demokrasie ondersteun, bepaal dat ‘dié instellings onafhanklik, slegs onderhewig aan die grondwet en wet is, en dat hulle onafhanklik moet wees en hul magte sonder vrees of vooroordele moet uitvoer’.

“Die kommissie het daarin misluk om onpartydig op te tree toe hy besluit het om sy ondersoek te staak en prosedures teen my van stapel te stuur.”

In sy hofstukke verwys Etzebeth breedvoerig na uitlatings deur Buang Jones, die nasionale hoof van die MRK se regsafdeling, wat daarop dui dat die Bok-slot skuldig geag word nog voordat daar ’n deeglike ondersoek of verhoor was.

Ander onreëlmatige stappe deur die MRK was deur Etzebeth uitgelig word, is as volg:

* Hy is met strafregtelike vervolging gedreig indien hy nie op kort kennisgewing ’n vergadering bywoon waar prosedures vir die pad vorentoe bepaal sou word nie.

* Dat die MRK nie by ’n onderneming wat hy in bogenoemde vergadering gegee het – om die kwessie te ondersoek terwyl Etzebeth in Japan is vir die Wêreldbeker-toernooi en hom met sy terugkeer ’n geleentheid te gee om sy saak te stel – gehou het nie.

* Dat die die MRK, volgens Jones, by ’n polisie-ondersoek oor die kwessie betrokke wou raak.

* Dat die MRK nie vir Etzebeth ingelig het wie die klaer is of wat die besonderhede van die saak is nie.

* Dat die MRK nie ’n ondersoek gedoen het waarvolgens hy die mening kon vorm dat die klag geloofwaardig is nie.

* Dat hy nie in ’n ondersoek vir Etzebeth vir sy kant van die saak of insette gevra het nie.

* Dat hy nie vir Etzebeth die geleentheid gebied het om getuies te ondervra nie.

* Dat die MRK nie sy prosedure vir die ondersoek bepaal en dit openbaar gemaak het nie.

Etzebeth meen die kommissie het nie geloofwaardige bewyse vir ’n prima facie-saak teen hom nie.

“Die kommissie is ’n hoofstuk 9-instelling, wat gestig is om die beskerming, ontwikkeling en die verkryging van menseregte te bevorder. Sy verantwoordelik sluit alle Suid-Afrikaners in,” sê die Bok-slot.

“Die MRK kan nie toegelaat word om onder politieke druk sy eie prosesse te minag en hom by ’n klaer te skaar nog voordat hy ’n deeglike ondersoek gedoen het nie.”

Etzebeth sê dat die bedoeling van sy aansoek nie is om te keer dat klagtes teen hom ondersoek word of bekend gemaak word nie.

“Al is die aantygings vals, aanvaar ek dat dit weens die erns daarvan ondersoek moet word. Die doelwit van hierdie aansoek is om te sorg dat die aantygings deeglik deur die kommissie ondersoek word en ’n wettige proses is. Ek is geregtig op ’n deeglike, wettige ondersoek. Dieselfde geld die klaers,” sê hy.

Meer oor:  Mrk  |  Bokke  |  Eben Etzebeth  |  Springbokke  |  Klag Van Rassisme  |  Wêreldbekerrugby
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.