Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Een skenker gee R30 000 vir Dros-slagoffer

Anonieme skenkers het ’n skarebefondsingsprojek begin vir die sewejarige meisie wat verlede maand verkrag is in ’n Dros-restaurant in Pretoria.

Die veldtog het op 3 Oktober begin en is geskep om geld in te samel vir beradingsessies vir die kind.

Tot dusver het 55 mense geld geskenk.

Zane Groenewald, woordvoerder van BackaBuddy, sê een skenker het $2 122,46, of sowat R31 000, geskenk.

Die stigters van die veldtog het gevra om anoniem te bly.

In ’n verklaring het een van die stigters gesê hulle benodig nie enige erkenning nie. Hulle wou bloot bymekaar kom as “besorgde burgers om dié jong slagoffer te help”.

Nicholas Ninow in die landdroshof in Pretoria. Foto: Deaan Vivier

“Ons weet dat verkragting die slagoffer emosioneel kan traumatiseer vir jare lank daarna, so ons hoop dat die geld wat ingesamel is, gebruik sal word vir terapie en rehabilitasie, sodat die slagoffer ’n skyn van normaliteit of selfs geluk kan hê.”

Hulle het egter bygevoeg dat hulle die familie sou toelaat om die geld te gebruik soos hulle ook al goeddink.

“Ons vertrou dat die familie sal weet wat die beste sal wees om hul dogter te help onder die omstandighede, en ons sal definitief nie aan die familie voorsê hoe die geld gebruik moet word nie,” sê een van die stigters van die veldtog.

Groenewald sê BackaBuddy sal die geld streng bestuur. Dit sal slegs beskikbaar gemaak word aan die kind se familie, of mense wat deur die familie geïdentifiseer is.

“As ons nie die familie kan bereik nie, sal die skenkers daarvan ingelig word en hul geld terugkry.”

Die Dros in Silverton waar die meisie verkrag is. Foto: Deaan Vivier

Enigeen wat wil bydra, kan die webblad besoek by BackaBuddy.co.za.

Die sewejarige meisie is op 22 September in die mansbadkamer van ’n Dros-restaurant in Pretoria verkrag.

News24 het besluit om die man nie te identifiseer voordat hy nie gepleit het nie.

Netwerk24 het hom reeds geïdentifiseer as Nicholas Ninow.

Ninow het vroeër vandeesmaand in die landdroshof in Pretoria verskyn en bly in aanhouding.

Op dieselfde dag het Netwerk24 ’n aansoek in die hof gebring waarom Ninow se naam en foto’s openbaar gemaak moet word.

Lees hier waarom Netwerk24 die besluit geneem het.

Meer oor:  Nicholas Ninow  |  Hof  |  Dros
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.