Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eensame Loftus soek kwansuis liefde op Tinder

Loftus Versfeld het klaarblyklik so eensaam geword dat sy nou op die afspraak-app Tinder liefde soek.

Dalk knoop sy binnekort met Nuweland ’n verhouding aan. In die eerste Superrugby-kragmeting van die jaar tussen die Blou Bulle en die Stormers op Loftus, bykans twee weke gelede, het die Blou Bulle die Stormers met 40-3 geklop. Is hierdie wrok dalk iets van die verlede?

Loftus soek liefde op Tinder. Foto: Skermgreep

Volgens Loftus se Tinder-profiel is sy 24 jaar oud, maar in 1906 “gebore”.

In haar beskrywing sê sy: “Ek kan 50 000 ouens op een slag hanteer. Ek is rolstoeltoeganklik. Ek is mal oor balle en pale. My gras in altyd gesny. Ek hou van groot en sterk ouens. Jy kan my losskrum enige tyd kom skoonmaak.”

Loftus soek liefde op Tinder. Foto: Skermgreep

Loftus maak dit egter duidelik dat Kiwi’s (Nieu-Seelanders) nie welkom is nie.

Die Blou Bulle Maatskappy (BBM) dra geen kennis van die profiel nie, en dit is nie duidelik wie die profiel geskep het nie.

Malcolm Drysdale, kommersiële bestuurder van die BBM, sê hulle gaan nie reageer of betrokke raak nie, want dit is “baie dubbelsinnig”.

Meer oor:  Loftus Vers­Feld  |  Tinder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.