Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Eensame siekte’ trek radioman plat

Al het hy ’n longinfeksie weens Covid-19 opgedoen, al werk 10% van sy hart nie, al het hy kanker oorwin en al het hy voorheen ’n hartaanval gehad, sal dit nie keer dat Mark Pilgrim optimisties bly nie.

Pilgrim, omroeper en televisieaanbieder, het Maandagoggend aan Netwerk24 gesê hoewel hy in ’n stryd teen Covid-19 gewikkel is, bly hy optimisties.

“Covid-19 is nie soos ’n verkoue, waar jy hoes-hoes en herstel, nie.”

mark pilgrim
Mark Pilgrim sterk tans by sy huis in Sandton, Johannesburg, aan. Foto: Twitter/@MarkPilgrimZA

Hy het gesê nie net is dit onvoorspelbaar nie, dit is ook ’n eensame siekte en jy kry nie eens die geleentheid om jou kop op jou lewensmaat se bors te laat rus om vertroosting te kry nie.

Pilgrim het gesê hoewel 10% van sy hart nie funksioneer nie en hy onderliggende siektes het, sal hy nie moed verloor nie.

“Ek het ’n paar rowwe dae agter die rug. Hierdie siekte is só onvoorspelbaar en kan vinnig van koers verander. Jy dink jy raak beter, en skielik voel jy slegter.”

Pilgrim het gesê hy het Woensdag, Donderdag en Vrydag baie sleg gevoel, maar Saterdag en Sondag begin beter voel. Hy het egter Sondagaand weer sieker gevoel.

“Ek is ’n optimistiese mens, maar jy kan nie heeltyd sterk wees nie. Soms is dit oukei om te erken dat slegte dinge gebeur. Maar ek het ’n goeie ingesteldheid, ek sal hierdeur kom.”

mark pilgrim
Mark Pilgrim in die ateljee. Hy is 'n aanbieder op HOT 91.9 FM. Foto: Instagram/markpilgrimza

Dit is ook nie sy eerste stryd teen ’n moeilike siekte nie. Toe hy ’n student was, is longkanker by hom gediagnoseer, en hy het ook al ’n hartaanval oorleef.

“Dit het my hard getref. En daar is hierdie onsekerheid wat met Covid-19 gepaardgaan, want baie mense herstel en baie herstel nie. Dit is ’n bangmaak-gedagte daardie.”

Pilgrim het gesê X-strale is Saterdag geneem omdat sy longe ook geïnfekteer is.

Hy moet nou sy suurstofvlakke monitor en seker maak dit bly bo 85% omdat sy suurstofvlak gewoonlik 90% is.

“Ek weet glad nie waar ek Covid-19 opgedoen het nie. Ek het al die maatreëls gevolg. Ek eet gesond en kyk na my liggaam. Ek oefen elke dag.”

Pilgrim het gesê sy kinders is ook positief vir die koronavirus getoets, maar het gelukkig net matige simptome.

Meer oor:  Mark Pilgrim
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.