Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Eerlike gesprekke oor rassisme noodsaaklik’

Suid-Afrikaners blyk “in klankgrepe en 140 karakters op Twitter” te praat terwyl harde en eerlike gesprekke oor rassisme noodsaaklik is.

Só het Felicity Harrison, direkteur van die Goedgedacht-forum, ’n organisasie wat demokrasie deur middel van gesprekvoering bevorder, Dinsdag gesê.

Dié organisasie wat verlede jaar verskeie gesprekke oor rassisme aangebied het, beplan vir eerskomende Vrydag in Kaapstad ’n dialoog oor rassisme nadat ’n herrie op sosiale netwerke daaroor losgebars het.

Dit kom nadat Penny Sparrow, ’n eiendomsagent van KwaZulu-Natal, op Facebook na swart mense as “apies” verwys het, terwyl die ekonoom, Chris Hart, deur Standard Bank geskors is oor ’n twiet “met ’n rassistiese ondertoon”.

Harrison meen Suid-Afrikaners moet met mekaar praat.

“Daar moet ag geslaan word op die wonde en gebrokenheid van die verlede, maar mense praat verby mekaar in plaas daarvan om te luister wat eintlik gesê word. Ons moet harde en eerlike gesprekke hê, maar dit blyk asof die gesprekke in klankgrepe en in 140 karakters op Twitter plaasvind - wat beteken ons kom nie by die kern van die saak uit nie.”

Mense moet volgens Harrison ook probeer om nie so verdedigend te wees nie.

“Ek het met ons gesprekke verlede jaar agtergekom dat mense baie verdedigend is – ‘ek het nie vir die NP gestem nie’ en ‘ek het nooit apartheid ondersteun nie’, was hul reaksie pleks daarvan om na die gesprekke te luister. Dit is egter nie beperk tot wit mense nie. Mense vind dit oor die algemeen moeilik om na ander te luister sonder om op die agtervoet te wees,” het Harrison gesê.

Die vraag wat Vrydag om 12:00 by die Goedgedach-forum se kantoor in Langstraat onder die loep kom, is hoe rassisme aangepak kan word en hoe mense op die reaksie op rassisme behoort op te tree.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.