Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eers kry hy R4-footjie, toe duisende!

Eers was hy geskok oor ’n fooitjie van R4 – en toe: die groter skok!

’n Kelner van Spur wat net R4 as fooitjie van ’n paar tieners gekry het, sê hy kon dit nie glo toe ’n reisiger hom voorkeer en hom toe R4 444 in die hand stop met ’n spesiale briefie daarby.

Vroeër is berig ’n saak van crimen injuria word teen drie tienerseuns ondersoek wat in Maart ’n neerhalende opmerking vir Xolani Mbalo (24), kelner by die Las Vegas Spur in die Hemingways-winkelkompleks in Oos-Londen, op die kwitansie gelos het.

Foto ter illustrasie.

Die seuns het nie net Mbalo beledig nie, maar ook ’n R4-fooitjie gelos met die woorde “tip for hungry Africans”.

Mbato het oor die voorval gesê: “Toe ek hul kos bring het hul snaakse opmerkings gemaak. Hulle het my ook gevra om die skyfies te eet en toe ek by hulle wou weet of ek dan honger lyk het hulle uitgebars van die lag.”

Maar Saterdag was Mbalo geskok toe hy by die werk aankom en die lekker stewige bedraggie vir hom wag.

’n Briefie daarby sê dat dit van ’n groep mense kom wat hom nie ken nie. Dit lui: “Ek is jammer ek het nie die kans gekry om jou vandag te ontmoet nie. Aanvaar asseblief hierdie klein fooitjie vir ‘hungry Africans’ want wat ons land meer nodig het, ís honger Afrikane. Honger vir kennis, honger vir geregtigheid, honger vir hoop, honger om te weet dat hul raakgesien word, geken word en waardeer word.”

In die briefie word ook gesê dat Mbalo so iemand is wat nou raakgesien, geken en waardeer word en dat die dade van verkramptes nie moet veroorsaak dat hy in homself twyfel nie.

Volgens TimesLive het die man wat met vakansie was dieselfde restaurant in April besoek om die fooitjie te oorhandig voordat hy na Kaapstad moes vertrek, maar Mbalo was toe nie aan diens nie.

Mbalo sê hy lees die briefie oor en oor en hou homself gemotiveerd. “Ek was geskok toe ek die geld kry. Ek het daarvan gespaar vir my gradeplegtigheid in Mei. Ek wil hulle net bedank. Ek waardeer dit.”

Mbalo sê hy het groter drome – hy wil ’n internskap in inligtingstegnologie kry en finansieel na sy ouma omsien.

Hy moes deeltyds as kelner werk vir sakgeld terwyl hy ’n diploma verwerf het.

Sy ouers leef nie meer nie.

Meer oor:  Spur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.