Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eerste blokraai-kampioen in Rosestad gekroon

Regstelling:

Die naaswenner in die blokraaiselkompetisie was adv. Jo Hiemstra en Willie Pretorius het derde gekom. Dit word verkeerdelik andersom geskryf in die berig.

Ilse van Hemert, Suid-Afrika se eerste RSG-blokraaikampioen. Foto: Ruan Bruwer

Ilse van Hemert, Suid-Afrika se eerste RSG-blokraaikampioen, vermoed indien haar ma nog gelewe het, sou sy eerder as Ilse Saterdag in die geskiedkundige blokraaikompetisie geseëvier het.

Die kompetisie is op die Vrystaat Kunstefees aangebied met die eindronde wat Saterdag plaasgevind het.

Dit was Van Hemert se oorlede ma, Nora, wat die liefde vir blokkiesraaisels by haar gekweek het.

“Sy was baie geesdriftig daaroor en ek moes dikwels hand bysit. Ek het in my laat 20’s op gereelde basis ook met die blokkiesraaisels begin. Wanneer ek ’n kans kry, toets ek myself graag,” het Van Hemert gesê.

Van Hemert, wat oorspronklik van Bloemfontein en ’n oudleerling van die Hoërskool Sentraal is, het spesiaal vir die kompetisie na die Rosestad gereis. Die laaste drie dekades is sy ’n Pretorianer en hooftoesighouer by ’n kollege en skriba by ’n kerk.

Willie Pretorius was die naaswenner en adv. Jo Hiemstra derde.

Van Hemert (54), skoonsuster van die bekende regisseur met dieselfde naam en van, het gesê haar Bloemfonteinse skoonsuster, Elsie Schoombie, en vriendin Sally Pienaar het haar aangemoedig om in te skryf.

“Dit het geklink na iets lekkers. Ek het gedink iemand ouer sou wen omdat hulle oor die jare meer kennis van blokkiesraaisels sou opgedoen het.”

Sy reken ’n kombinasie van baie lees, ’n goeie woordeskat, algemene kennis en oefen (om blokkiesraaisels in te vul) het tot haar sukses in die kompetisie bygedra.

Sy het die eindronde as “ontsettend moeilik beskryf”.

“Hulle het ons behoorlik vasgevra. Daar was ’n klomp goed wat ek nie geweet het nie. Gewoonlik het ek ’n woordeboek byderhand, maar hier was dit taboe en jy het teen tyd gewerk.”

Sy het pryse ter waarde van sowat R15 000 gewen.

Die RSG-blokraaitoernooi is in samewerking met die blokraaigroep XWord en die departement van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Vrystaatse Universiteit aangebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.