Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eerste burger trap òòk in Tshwane-fietsren

Bykans 7 000 fietsryers het Sondagoggend by die Voortrekkermonument weggespring vir die tweede Tshwane Classic-padfietsren en die speke het behoorlik deur die Jakarandastad gesing.

Sowat 7 000 fietsryers het gister by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir die tweede Tshwane Classic-padfietsren. Foto: Deon Haak, photographersgalore

Die roete het verby bekende bakens soos die Uniegebou en die Paul Kruger-standbeeld in die middestad gestrek en weer by die Voortrekkermonument geëindig.

Ryers moes uithaal en wys by opdraandes soos die bekende Tom Jenkins by die Uniegebou en baie van die agterste ryers het die bult te voet aangedurf. Almal was ná die tyd baie in hul skik met die nuwe roete en het die ren se lof besing.

Solly Msimanga, Tshwane se burgemeester, het self aan die ren deelgeneem en het die 20 km-afstand afgelê.

“Hierdie ren is baie belangrik vir ons stad. Ons wil hê fietsryers moet veilig in ons stad voel en hierdie byeenkoms weerspieël ons toewyding en dryfveer om nie-gemotoriseerde vervoer in die stad te ondersteun,” het Msimanga by die beginpunt van die ren gesê.

Die jong Dylan Girdlestone het gister as die algehele wenner van die 90 km-afstand geëindig in ’n wentyd van 02:09:33 en Marc Pritzen was sekondes agter hom met 02:09:39. In die derde plek was Casper Kruger wat in 02:09:53 oor die eindstreep gery het.

Die Tshwane Classic is een van twee renne in Gauteng waar al die paaie vir motoriste gesluit word. Die roete loop verby bekende bakens. Foto: Deon Haak, photographersgalore
Daar het ’n heerlike atmosfeer onder die ryers geheers wat gister aan die Tshwane Classic-padfietsren deelgeneem het. Foto: Deon Haak, photographersgalore

Onder die elite-vroue het Carla Oberholzer die ren in 02:38:50 gewen, Kim le Court de Billot was tweede met haar tyd van 02:39:42 en Juanita Venter was derde met haar tyd van 02:39:42.

Volgens Mauritz Meyer, die stigter van die ren, is hulle groot dank aan die Tshwane-metro verskuldig wat gehelp het dat die hele roete se paaie vir motoriste gesluit was.

“Ons wil vir al die inwoners van Pretoria dankie sê vir hul wonderlike gesindheid en vir al die hulp met die ren. Dit is ongelooflik om te sien watter samehorigheid hierdie ren onder die mense gebring het,” sê Meyer.

Meer oor:  Pretoria  |  Voortrekkermonument  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.