Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eerste hoof van JMPD sterf aan Covid-19

Die oudhoof van die Johannesburg-metropolisiediens (JMPD) Chris Ngcobo (60) is vroeg Maandagoggend aan Covid-19-verwante komplikasies oorlede.

Ngcobo, die eerste hoof van die JMPD, is Maandag omstreeks 02:30 in die Mediclinic Krugersdorp oorlede.

Wayne Minnaar, JMPD-woordvoerder, sê in ’n verklaring die nuus van Ngcobo se afsterwe is verpletterend en dit was ’n hartseerdag vir die metropolisiediens.

Die JMPD is in 2001 tot stand gebring en Ngcobo se werkskontrak het in 2013 verstryk, sê Minnaar.

Hy het die metropolisiediens van ’n ledetal van 160 tot 2 500 uitgebrei.

“Hulle was almal voormalige verkeers- en veiligheidsbeamptes wat bykomende opleiding moes ondergaan om as metropolisiebeamptes aangestel te word.”

Angie Mokasi, waarnemende hoof van die JMPD, en die personeel het hul medelye met sy familie betuig.

Hy word oorleef deur sy vrou, twee seuns, onderskeidelik 25 en 35 jaar oud, en ’n dogter (30).

Reëlings vir ’n begrafnis in Noordwes word nog getref.

Meer oor:  Jmpd  |  Johannesburg  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Sterf  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.