Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eerste LGBT-optog op George gehou

Die eerste optog en kulturele byeenkoms nog vir LGBT-mense word op 19 Junie op George in die Suid-Kaap gehou.

Dit vorm deel van die Boston Gay Men’s Chorus se toer na Suid-Afrika.

Volgens die koor se webwerf tree hy op 19 Junie om 18:00 in die Conville-gemeenskapsaal op. Toegang is gratis en volgens die webwerf sal dit ook dié gebied se eerste LGBT- kulturele byeekoms nog wees.

LGBT staan vir lesbian, gay, bisexual en transgender.

Voor die konsert sal die koor aan die eerste LGBT-Pride-optog op George deelneem.

Die Boston Gay Men’s Chorus toer later vandeesmaand deur Suid-Afrika. Foto: Facebook/Boston Gay Men’s Chorus

Die George-munisipaliteit sê in ’n verklaring die optog begin om 12:00 op die kruising van Victoria- en Yorkstraat, waarna dit na Eenheidspark aan die bopunt van Yorkstraat sal beweeg. Hier sal Charlotte Clarke, George se onderburgemeester, die besoekers verwelkom.

Jonathan Fortuin, ’n personeellid van die departement van maatskaplike dienste van die George-munisipaliteit, wat help met die groep se reisreëlings, sê dit is die eerste keer dat die koor Suid-Afrika besoek en ook die eerste LGBT-optog wat op die dorp gehou word.

Volgens die koor se Facebook-blad is hy die eerste LGBT-koor wat Suid-Afrika besoek en het hy hiervoor ’n spesiale vermelding van die goewerneur van Massachusetts, Charles Baker, ontvang.

Die koor se toer duur tot 25 Junie. Optredes vind plaas in onder meer die Soweto-teater en die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg, asook die Langa-gemeenskapsaal in Langa en die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Parow, Kaapstad.

Vir meer inligting oor die optredes besoek die webtuiste.

Meer oor:  George  |  Lgbt  |  Gays  |  Optog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.