Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eerste seiljag van om-die-wêreld-vaart kom in Kaap aan
Seiljagvaarders op die Qingdao in aksie soos wat hulle nader aan die Kaapstad-hawe kom.Foto: Bruce Sutherland/Clipper Race
Die eerste seiljag in die Clipper-seiljagvaart, die Qingdao, kom Vrydag in Tafelbaai aan in die derde been van dié vaart om die wêreld. Die been tussen Punta del Este in Uruguay en Kaapstad word – as dit goed gaan – in 16 dae voltooi deur die verskillende spanne. Die seiljagvaarders moes deinings van sowat twee verdiepings hoog trotseer in die laaste paar weke. Die deelnemers is by die V&A Waterfront verwelkom deur die Isibane Se Afrika-koor.Foto: Bruce Sutherland/Clipper Race
Deelnemers aan die Clipper-seiljagvaart is grotendeels amateurseiljagvaarders wat as deel van die doelwit van die wedvaart opleiding kry – en dié span op die Qingdao-seiljag het hulle goed van hul taak gekwyt toe hulle die eerste was wat in moeilike weersomstandighede die been tussen Punta del Este in Uruguay en Kaapstad voltooi het.Foto: Bruce Sutherland/Clipper Race
Meer oor:  Clipper-Seiljagvaart  |  Tafelbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.