Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
EFF se segsman kry doktorsgraad

Die EFF se nasionale woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi (32), ontvang vandeesweek sy doktorsgraad in politieke studies aan die Universiteit van die Witwatersrand (Wits).

Dit beteken Ndlozi sal ná die seremonie Dinsdag saam met sy sterk sangstem ook PhD op sy CV kan skryf.

Hy is deel van ’n lang lys noemenswaardige alumni wat aan Wits gegradueer het, onder andere oudpres. Nelson Mandela, die skrywer en aktivis Nadine Gordimer en destydse SAKP-leier, Joe Slovo.

Ndlozi het in Augustus aan News24 gesê die eerste ding wat hy gedoen het toe hy die nuus verneem het, was om sy ma te bel.

“Nadat ek vanmiddag uitgevind het, het ek heel eerste my ma gebel. Sy kon nie eers twee sinne praat nie, sy het net oor die telefoon gehuil,” sê hy.

“Dit voel steeds onwerklik. Ek is ontsaglik dankbaar. Ek is ook dankbaar vir al die ondersteuning van my broers, suster en my ouma. Almal, ook my vriende in die akademie, het my gehelp om te volhard,” sê hy.

Die EFF se nasionale woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi.Foto: Mlungisi Louw

Dit was nie altyd maklik nie, sê Ndlozi, wat ook die eerste persoon in sy familie is wat ’n universiteitsgraad verwerf het.

“Ek het die CIC (EFF-leier Julius Malema) gaan sê ek gaan dit nie kan doen nie, want dit beteken ek moet tyd daarvoor vind wat ek nie het nie. Ek het gesê ek sal my navorsing liewer in betekenisvolle skryfstukke omsit.”

“Hy (Malema) was die eerste persoon wat vir my gesê het hy gaan dit nie aanvaar nie en dat ek my navorsing moet voltooi.”

Ndlozi het ook steun van Eric Worby, professor in antropologie, ontvang. Worby is die gegradueerdes se direkteur by Wits.

Hy het destyds aan News24 gesê Ndlozi is een van die “mees buitengewone jong breine in die land”.

Meer oor:  Mbuyiseni Ndlozi  |  Eff  |  Doktorsgraad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.