Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eggenote hoop op beterskap vir 2 fietsryers ná ongeluk

Die eggenote van die twee fietsryers wat Sondag in die Bestmed Cycle4Cansa-padfietsren naby Sun City deur ’n minibus raakgery is, hoop nog op verbetering nadat albei in die waaksaal van die Netcare Ferncrest-hospitaal in Rustenburg opgeneem is.

Lourens Janse van Rensburg (60) van Welkom en Wicus Kotze (60) van Pretoria is beseer toe die bestuurder van ’n minibus op die groep fietsryers afgepyl en geen poging aangewend het om uit te swaai of stil te hou nie. Drie ander fietsryers het ook ligte beserings opgedoen.

Die bestuurder is vir roekelose en nalatige bestuur in hegtenis geneem.

Janse van Rensburg het Woensdag ’n operasie ondergaan om sy gekraakte rugwerwel met skroewe en draad te heg. “Ek hoop dat hy sommer gou weer volkome sal herstel,” het Eureka, Janse van Rensburg se vrou, Woensdag aan Netwerk24 gesê.

Janse van Rensburg, ’n tekenaar van beroep, het 17 jaar gelede weens gesondheidsredes besluit om te begin fietsry. “Dit het een van die groot passies in sy lewe geword,” sê Eureka.

Volgens Marietjie, Kotze se vrou, is hy in ’n stabiele toestand.

“Wicus se toestand het nie verbeter of versleg nie. Hy het ’n erge hoofbesering opgedoen wat deurentyd gemonitor moet word. Dit sal tyd neem voordat die swelling sak.”

Kotze is ’n uitvoerende bestuurslid by Bestmed.

Mauritz Meyer, organiseerder van die Cycle4Cansa-padfietsren, sê dit is die eerste keer in meer as 20 jaar vandat hy by dié kompetisie betrokke is dat fietsryers “so erg seerkry”.

“Dit is ’n tragiese voorval. Ek wens albei spoedige beterskap toe.”

Meer oor:  Sun City  |  Hospitaal  |  Minibus  |  Ongeluk  |  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.