Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Egpaar braai 100 dae sonder ophou
Elza en Adolf Botes Foto: Verskaf

’n Egpaar van Stilbaai braai nou reeds byna 100 dae agtereenvolgens sedert die inperking weens die Covid-19-pandemie begin het.

Die braaiery van Adolf (51) en Elza Botes (50), eienaars van onderskeidelik ’n wynboetiek en drankwinkel op dié kusdorp, het op 27 Maart begin. “Aanvanklik sou dit net vir drie weke wees, maar toe word die inperking verleng, en toe braai ons maar aan,” sê Adolf.

Dit sal Saterdag die 100ste aand wees wat hulle braai.

Volgens Adolf is hy baie lief vir vleis en braai hulle enigiets van vis tot allerhande vleissoorte (maar nie groente nie – dit word apart gaargemaak) en eksperimenteer al te lekker.

“Ons het byvoorbeeld allerhande sosaties gemaak en sommer ook party dae vir ontbyt gebraai.”

Behalwe dat hulle lekker eet, het die braaiery hom en sy vrou ook gedurende die inperking nader aanmekaar gebring, sê hy. “Ons het die inperking gebruik om dinge saam te doen soos om te oefen en het ook meer gesels. Dit is saans baie gesellig om te braai en ’n mens gesels ook meer met mekaar, pleks daarvan om televisie te kyk.”

Die egpaar braai in hul braaivertrek. Elza sê vandat die drankwinkels weer mag sake doen, begin sy bedags die vuur (sy kap ook sommer die fyn houtjies).

“Teen die tyd dat Adolf by die huis kom, is die vuur al lekker aan die gang. Om te braai en só – veral in die week – aandete te nuttig, is vir ons soos om te besluit op enige ander dis vir die aand… ons moet net onthou om betyds vleis uit die vrieskas te haal om te ontdooi!”

Volgens Adolf sal hulle waarskynlik nog ’n ruk lank aangaan om elke aand te braai.

Meer oor:  Braai  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.