Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Egpaar buite plaashuis ingewag, geskiet

Glen (63) Rafferty en sy vrou, Vida (60), van Normandien naby Newcastle, is volgens alle aanduidings buite hul huis ingewag en saam met een van hul waghonde doodgeskiet nadat hul aanvallers Saterdagaand die veiligheidskameras op hul plaaswerf verwyder het.

Glen en Vida Rafferty van Normandien in KwaZulu-Natal is Saterdagaand ingewag en buite hul huis doodgeskiet.

Dr. Lourie Bosman, ’n leierboer en Vryheidsfront Plus-raadslid wat in dieselfde gebied boer, sê hy glo baie mense wat Saterdag aan die grootste landwye motorfietsoptog tot nog toe teen plaasmoorde deelgeneem het, was nog nie eens terug by die huis toe die Rafferty-egpaar vermoor is nie.

Bosman sê Rafferty was ’n saggeaarde boer met uitstekende menseverhoudings.

“Hy was ’n ware gentleman, ’n saggeaarde werkgewer wat vlot Zoeloe kon praat en mooi met sy mense gewerk het,” sê Bosman.

“Hy was baie betrokke by die boerderygemeenskap.”

Bosman sê die gebied se veiligheidskameras is Sondagoggend nadat die skokmoorde bekend geword het bestudeer.

“Glen-hulle is Saterdagaand verby een van die kameras terug huis toe. Hulle is 21:15 verby die kamera by Newcastle en moes teen om en by 22:00 by die huis gekom het.

Hy was ’n ware gentleman, ’n saggeaarde werkgewer wat vlot Zoeloe kon praat en mooi met sy mense gewerk het.

Wie ook al hulle aangeval het, het baie min tyd op die werf spandeer nadat hulle vermoor is, sê Bosman.

Hy sê die egpaar se voertuig, ’n wit Pajero, het 20 minute later verby ’n ander kamera, ’n ent weg van die plaas gery.

Dié voertuig is ’n ent verder langs die pad gelos.

Buurtwaglede wat patrollie tussen die plase ry het Sondagoggend teen 05:30 onraad vermoed omdat die Raffertys se plaashek oopgestaan het.

Hulle het gaan ondersoek instel, maar die egpaar se honde was so verwilderd en aggressief dat hulle nie op die werf kon uitklim nie.

Die buurtwag het toe ’n familielid van die Raffertys gebel wat saam met hulle op die moordtoneel afgekom het.

Dit is nog nie seker wat uit die huis vermis word nie.

Bosman sê volgens inligting lyk dit asof die Raffertys ingewag en doodgeskiet is.

Hy sê die gebied ondervind geweldig baie misdaadprobleme en boere hier is al radeloos omdat hulle gereeld onder veediefstal en kwaadwillige brandstigting deurloop.

Meer oor:  Glen Rafferty  |  Vida Rafferty  |  Normandien  |  Newcastle  |  Plaasaanvalle  |  Geskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.