Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Egpaar in rou oor dood van stokou Deense hond
Titan die Deense hond met sy eienaars, Francois en Maritsa Venter.

’n Bekende Deense hond van Durbanville, een van die oudste lede van dié honderas ter wêreld, is Donderdag vroegoggend dood.

’n Verpletterde Maritsa Venter (39), Titan (12) se eienaar, sê sy maag het Woensdag gedraai, ’n toestand wat veeartse gastriese dilatasievolvulus of -dermknoop (GSV) noem.

Sy en haar man, Francois Venter (38), het laataand besluit om Titan se masjiene af te sit nadat die veearts hulle teruggebel het om te sê “hulle kon nie sy maag terugdraai nie”.

Titan was 12 en ’n half jaar oud toe hy dood is. Die familie het hom al sedert hy 10 weke oud is.

Hy het nog Woensdag vir sy gereelde stappie gegaan. “Nadat hy gestap het, het ons so 20 minute gewag om vir hom kos te gee. Hy het toe net die helfte van sy kos geëet,” sê Maritsa.

Toe sy vir Titan soek, het sy hom in die agterplaas gevind waar hy “snaakse geluide” gemaak het.

“Hy het slym opgegooi en sy buik het begin swel,” sê Maritsa.

“Ons het een van ons veeartsvriende gebel en is ingelig dat dit GSV kan wees.”

Titan (12)
Francois Venter sê Titan het altyd met sy oë gepraat.

Nadat hulle met Titan na die veearts gehaas het, is hy onder narkose gesit. Sy hart het onreëlmatig begin klop.

“Toe ons weer die aand ná die oproep by die veearts aankom, was Titan op ’n drup en aan ’n suurstof- en hartmasjien gekoppel. Hy het net daar gelê,” sê Maritsa.

“Toe Francois met hom praat, kon hy in Titan se oë sien hy het nie meer krag in hom nie”.

Hulle het toe besluit om Titan te laat gaan.

“My hart het gebreek,” sê Maritsa terwyl die trane rol. “Ons het nie kinders nie, so hy was soos ’n kind in die huis. As hy wou gaan stap, het hy gekreun en na die deur gekyk, as hy droëwors wou hê, het hy sy lippe afgelek. Ek gaan sy persoonlikheid en sy manier van dinge doen baie mis.”

Venter sê Titan het “tot die einde geveg”.

“Hy het gedink hy is ’n klein hondjie en dan kom lê hy teen jou met sy hele lyf. Ek gaan dit mis. Hy het ook altyd met sy oë gepraat,” sê Venter.

“Hy laat ’n groot leemte in ons huis.”

* Stella, ’n Deense hond van Hixson, Chattanooga, Tennessee, het in Februarie vanjaar 13 jaar oud geword en is vermoedelik die oudste Deense hond nog.

https://www.chattanoogan.com/2021/2/12/423200/13-Year-Old-Great-Dane-In-Hixson-May.aspx.

* Volgens Guinness World Records is Freddy, ’n Deense hond van Essex in Brittanje, wat die rekordhouer vir die wêreld se grootste lewende Deense hond was, in Januarie vanjaar dood toe hy agt jaar oud was. Hy het 103,5 cm hoog gestaan.

https://www.guinnessworldrecords.com/world-records/tallest-dog-ever 

https://www.guinnessworldrecords.com/news/2021/1/freddy-the-worlds-tallest-dog-dies-aged-8-646998

* Die rekord vir die hond in die wêreld wat die hoogste gestaan het behoort aan Zeus, ’n Deense hond van Otsego in Michigan, wat 118,8 cm hoog was. Hy is in 2014 dood toe hy vyf jaar oud was.


Meer oor:  Denemarke  |  Ras  |  Hond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.