Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Egpaar van George met skietwonde in huis gevind

’n Egpaar is dood gevind in hul huis in Le Vallia, ’n bekende woonbuurt in George. Hulle het skietwonde gehad. Hul seun het op hulle afgekom.

Die egpaar se name is nie deur die polisie bekend gemaak nie. Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het by navraag aan Netwerk24 gesê die familie het die polisie versoek dat die egpaar se name eers weerhou word.

Die man (59) en sy 61-jarige vrou is Donderdag omstreeks 17:30 die laaste keer lewend gesien toe hul seun die huis in Fairwaysingel verlaat het, luidens die verklaring.

Toe die seun omstreeks 19:00 terugkeer, het hy in die slaapkamer op sy ouers se lyke afgekom.

Die polisie in Conville is telefonies ontbied. Speurders en forensiese deskundiges is dadelik na die huis en het dit vir leidrade gefynkam. Die polisie het die egpaar se lyke in die slaapkamer gevind, waar albei gelê het. Albei het skietwonde aan die kop gehad. ’n Vuurwapen is in dieselfde kamer gevind. Die polisie het op die vuurwapen beslag gelê en sal dit vir ballistiese toetse stuur.

Lykskouings is Vrydag gedoen, wat meer lig op die egpaar se dood sou werp, maar die uitslag is nog nie bekend nie. Geen verdere besonderhede is bekendgemaak nie.

Na verneem word, word die egpaar deur twee seuns oorleef en is die vrou ’n oudonderwyseres. Talle mense het op Facebook hul skok oor die voorval uitgespreek.

Die familie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.