Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eienaars sal ongeluk by sentrum verder ondersoek

Die eienaars van die Jakaranda-winkelsentrum in die Pretoriase Moot-omgewing sal hul interne regs- en risiko-afdelings betrek om verder ondersoek in te stel en te besluit oor moontlike “korrektiewe stappe” nadat hulle ’n voorlopige verslag oor Donderdag se voorval gekry het.

Die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) as eienaars en batebestuurder van die sentrum, het Vrydag in ’n verklaring gesê hulle betreur die voorval waarin ’n werker dood en 14 ander beseer is toe ’n konstruksiestruktuur meegee het.

Die toneel tussen die Jakaranda-sentrum se parkade en ’n ander gebou. Foto: Deaan Vivier

Luidens die verklaring het ’n staalstruktuur ineengestort toe beton tydens die oprigting van die parkade op twee vlakke vir die sentrum gegiet is.

“Die OBK en sy raad betuig hul diepste meegevoel aan die familie van die oorledene wat, volgens voorlopige inligting, vir die kontrakteur op die terrein gewerk het.

“Die OBK is besig met ’n dringende proses om die feite rondom die voorval te bekom en sal ten volle saamwerk met ondersoeke deur die Tshwane-metro of enige ander regulerende owerheid,” sê die eienaars.

Voorts word verduidelik dat die Jakaranda-sentrum reeds in die vroeë 1970’s gebou is en laas in 2002 opgeknap is.

“Die sentrum het begin vervalle raak en ’n vernuwing genoodsaak om dit weer ’n sleutel-bestemming in die Moot-area te maak. Die OBK het die sentrum in 2007 namens die staatspensioenfonds (GEPF) as deel van hul eiendomsportefeulje bekom.

“ ’n Belegging van R358 miljoen is later goedgekeur vir die herontwikkeling van die sentrum, met die doel om vloerruimte te vergroot van 18 407 m² tot 20 369 m² met meer parkeerplek, beter veiligheid, ’n opgradering en opknapping van onder meer die buitekant en ingange,” lui die verklaring.

Die bouwerk en herontwikkeling sou na verwagting teen Maart 2021 voltooi gewees het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.