Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eienaars van 500 ‘onveilige’ geboue in Jhb gesoek
Rook borrel uit die Bank of Lisbon-gebou in Johannesburg.Foto: Jana Marx

Die Johannesburgse metroraad probeer nog vasstel wie die eienaars is van 500 geboue in dié stad wat dalk onveilig is om in te bly.

Herman Mashaba, uitvoerende burgemeester, het vroeër ’n ondersoek aan die gang gesit na “swak geboue” in die stad. Baie van dié geboue is in private besit en sowat 300 is na bewering gekaapte geboue.

Luyanda Mfeka, Mashaba se woordvoerder, het Saterdag by navraag gesê die raad probeer nog vasstel aan wie die geboue behoort.

“Soos die burgemeester voorheen gesê het, doen die stad al die moontlike om die eienaars op te spoor sodat hulle weer verantwoordelikheid vir die geboue kan neem. Daarna sal die raad toesien dat die geboue opgegradeer word sodat dit aan die nodige veiligheidstandaarde voldoen,” het Mfeka gesê.

Volgens RSG het Mashaba gesê daar is vrese dat brande by onveilige geboue in Johannesburg kan uitbreek soos wat Woensdag in die Bank of Lisbon-gebou in die middestad gebeur het.

Drie brandbestryders is dood en talle ander beseer in die proses om die brand te blus. Die gebou huisves verskeie staatsdepartemente onder meer die departement van gesondheid, behuising en samewerkende regering.

Die gebou het nie aan die veiligheidsmaatreëls van die nasionale bouregulasies voldoen nie.

Jacob Mamabolo, Gautengse LUR van infrastruktuurontwikkeling, het egter vroeër gesê daar is nog geen bewyse dat die brand verband hou met die toestand van die gebou nie. Die moontlikheid van brandstigting word ondersoek.

Die Gautengse regering het intussen ’n komitee saamgestel om die veiligheid van alle geboue waarin kantore van staatsdepartemente gehuisves word, te ondersoek.

Meer oor:  Herman Mashaba  |  Jhb-Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.