Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eina! Hek deurboor tuinwerker se arm

Waarskuwing: Die grafiese foto onder kan sensitiewe lesers ontstel.

Die skerp punte aan die bokant van ’n elektriese motorhek waar ’n tuinwerker Woensdag beseer is. Foto: Netcare 911

Paramedici het Woensdag spesiale toerusting gebruik om ’n tuinwerker in Craighall Park in Johannesburg te help nadat sy arm deur ’n gedeelte van ’n elektriese hek deurboor is in ’n “fratsongeluk”.

Die man, in sy laat 40’s, het op ’n leer by die elektriese hek gewerk toe hy sy balans verloor en op een van die skerp punte aan die bokant van die hek geval het, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, Donderdag aan Netwerk24 gesê.

Die huiseienaar het dadelik paramedici na die toneel in Lancasterlaan ontbied. “Die man se regterboarm was deurboor. Die paramedici het spesiale toerusting gebruik om eers ’n deel van die skerp punt af te sny sodat die man mediese hulp kon ontvang,” het Herbst gesê.

Volgens Herbst is die man op die toneel deur paramedici gestabiliseer voordat hy na ’n plaaslike hospitaal gebring is vir verdere behandeling.

News24 berig dat die huiseienaar, onbewus van waar die tuinwerker was, die hek van binne die huis oopgemaak het en hy glo sy balans verloor het. “Dit was ’n fratsongeluk,” het Moelich Odendal, ’n Emer-G-Med-paramedikus, gesê.

Een van die skerp punte bo-op ’n elektriese motorhek het ’n tuinwerker se boarm Woensdag in Craighall Park in Johannesburg in ’n fratsongeluk deurboor. Foto: Netcare 911

Meer oor:  Johannesburg  |  Fratsongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.