Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Eish! Dozi vat toe Neels se meisie

Die geliefde sanger Dozi het ’n nuwe verloofde aan sy sy – en dis niemand anders nie as een van die vroue wat Donderdag nog op televisie na Neels van Jaarsveld gevry het.

Danie van Heerden saam met die verloofdes Tanya Michelle en Dozi by die boksgeveg tussen Derick Hougaard en Francois van Coke.

Tanya Michelle is ’n naaswenner van die kykNET-program Op my eish! Sy het in Donderdagaand se finale episode die spit afgebyt teen Florinda, maar is allermins in sak en as.

Nadat Van Jaarsveld haar die rug toegekeer het, het Michelle gesê sy het al geruime tyd vermoed die akteur het haar gefriend zone.

In werklikheid was Michelle (33) reeds dolverlief op Dozi (56), oftewel Henk Opperman.

Die skindertonge het reeds einde Mei begin klap oor haar nuwe verhouding toe sy aan Dozi se sy gewaar is tydens die BoxOp-geveg tussen die sanger Francois van Coke en die oudrugbyspeler Derick Hougaard.

‘Sy kan nie eens haar ring dra nie.’

Tanya en Dozi se paaie het ’n ruk gelede al gekruis vanweë haar betrokkenheid by Bands for Bricks, ’n organisasie wat kunstenaars ondersteun.

kykNET het egter alles in hul vermoë gedoen om te verhoed dat hulle voortydig die aap uit die mou sou laat. Hul verlowing is soos ’n staatsgeheim bewaar.

Dozi het vandeesweek aan Rapport bevestig dat hy en Tanya ’n paartjie is, maar ontken dat hulle verloof is.

“Dis ’n k*kstorie!” het hy gesê. “Ons mag ook nie eintlik hieroor praat nie.”

Tanya Michelle is in Mei opgemerk in ’n video wat op Dozi se Facebook-blad gedeel is. Hier lewer hy in sy konsertkroeg ’n vertoning.

Tanya het steeds kontraktuele verpligtinge teenoor kyk­NET wat bepaal dat sy nie die nuus mag deel nie.

Bronne na aan die paartjie het egter op voorwaarde van anonimiteit hul verlowing aan Rapport bevestig.

“Sy kan nie eens haar ring dra nie, want kykNET gee haar moeilikheid,” het een van die bronne gesê. Die paartjie beoog om later die nuus in ’n tydskrif bekend te maak.

kykNET wou nie op Rapport se versoek om kommentaar reageer nie.

Tanya het glo reeds by Dozi ingetrek op sy plaas naby Hartbeespoort, waar hy sy konsertkroeg, Back to the Roots, bedryf.

Die paartjie was vandeesweek in Pongola, KwaZulu-Natal, op 'n jagvakansie.

Tanya het twee dogters uit 'n vorige huwelik. 

Die “Ou Ryperd”-sanger ken die kronkelpaaie van die liefde alte goed. Dis sy vierde verlowing.

Hy is net meer as ’n jaar gelede van sy derde vrou, Kim Viljoen (29), geskei.

Kim en Dozi het mekaar by Back to the Roots ontmoet en was binne drie maande verloof. Die huwelik het net ’n jaar gehou.

* Die berig is aangepas om te stel dat die paartjie na Pongola gereis het vir 'n jagvakansie en nie 'n begrafnis nie.

Meer oor:  Tanya Michelle  |  Dozi  |  Neels Van Jaarsveld  |  Op My Eish!
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.