Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Ek is nié lid van klub, sê Malema
Julius Malema, EFF-leier, Dinsdag op die Randse Skou. Foto: Bonolo Selebano

Julius Malema sê hy is nié lid van die eksklusiewe Inanda-buiteklub in Johannesburg nie – net sy vrou is.

Die leier van die EFF het Dinsdag op die Randse Skou by dié party se stalletjie aan verslaggewers gesê sy vrou, Mantwa Matlala Malema, het daarby aangesluit.

Die Sunday Times het Sondag berig Malema het in weerwil van sy sosialistiese uitsprake nou toegang tot die rykmansklub.

Volgens Malema verskyn sy naam op die ledelys slegs omdat hy met Mantwa getroud is.

“Ek woon nie in Hyde Park nie. My vrou woon in Hyde Park. Sy het by die klub aangesluit omdat die gimnasium nader en veiliger vir haar is,” sê hy.

Volgens Malema het hy aan haar gesê om nie sy naam as haar eggenoot in te vul nie, omdat dit “sou lei tot stories”.

Ek woon nie in Hyde Park nie. My vrou woon in Hyde Park.
Julius Malema

Die klub het volgens sy vrou egter daarop aangedring dat albei hul besonderhede op die aansoekvorm ingevul moet word.

“Daar is niks wat ek daaraan kan doen nie. Ek het nie aangesluit nie, sy het aangesluit.

“Ek gee nie voor ek is van die werkersklas nie, maar dit beteken nie dat ek onbewus is van die stryd wat die werkersklas moet voer nie.”

Hy het ook uitgevaar teen die mediadekking van die EFF se verkiesingsveldtog en gesê daar is ’n berekende poging deur die SAUK en eNCA om nie die party se geleenthede te dek nie.

Soos die EFF se onlangse vroueoptog teen geslagsgeweld in Johannesburg.

“Niemand het daaraan aandag gegee nie. Weet jy wat is wel gedek? Malema wat by die Inanda-klub aansluit.”

Volgens hom hou die SAUK se antwoord dat die uitsaaier nie van die optog geweet het nie, nie water nie.

“Dit was dan gewild op Twitter,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.