Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Ek is so trots om ’n Suid-Afrikaner te wees, Siya...!’

“Dis nog vroeg, seker te vroeg in die wedstryd om oor wen te praat, maar die Bokke speel mooi en die atmosfeer is reg.”

Oud en jonk gee gister luidkeels hul plesier te ke
Oud en jonk gee gister luidkeels hul plesier te kenne by die Weiveld-dansklub buite Pretoria. Foto: Deon Raath

Rex van Deventer, een van die vennote van Die Weiveld-dansklub in die ooste van Pretoria, kan nie voorbly nie.

Sy kuierplek pomp soos, wel soos ’n bar tydens ’n Wêreldbekereindstryd.

Die rugby is warm en sy gaste is dors. En dit – en natuurlik ’n wen – is al wat tel.

“Ek sou skat hier is tussen Weiveld self, die buitenste kuier-area en die Beach Bar seker net meer as 4 000 mense.”

George Zietsman (55) is een van hulle. Hy sê die atmosfeer is fantasties.

“Dis net Groen-en-goud waar jy kyk. Dis amper asof ons by die wedstryd is.”

‘Vannag gaan ons heelnag drink.’

Ook in die Kaap van Goeie Stormers ril dit rugby.

In Mitchells Plain gaan kyk die mense graag rugby op die trosse TV-skerms wat rondom pilare in die Liberty Promenade-sentrum se kitskosafdeling geïnstalleer is.

Toe Siya Kolisi die goue trofee bo sy kop lig, lig die dak sommer ook. ’n Hele paar spring op en begin sommer spontaan die volkslied sing.

Pumza Mkosi van Khayelitsha praat nie meer nie, sy gil net: “Ek is so trots om ’n Suid-Afrikaner te wees, trots op Kolisi wat sy dapper stryders tot oorwinning gelei het Wel-ge-daan. Siya! Siya! Siya!”

Bok-ondersteuners juig in die Montecasino-Bokpark
Bok-ondersteuners juig in die Montecasino-Bokpark nadat die Springbokke ’n drie gedruk het. Foto: Elizabeth Sejake

“As ons verloor het, sou dit ’n goeie verloor wees,” sê Richard Cupido van Strandfontein. Maar ons het nie en Cupido se oë skiet vol trane.

Sally Jacobs van Mitchells Plain sê sy het 1995 se eindstryd misgeloop, want dit was haar troudag.

Dit was ’n goeie besluit, want ná 24 jaar is sy steeds gelukkig getroud. En steeds ’n trotse Springbok-ondersteuner ná al daai jare.

“Yo, ek het gewiet!”

Ook in Johannesburg is daar Saterdag tog laatnag feesgevier.

Bo: Springbok-ondersteuners kyk die Wêreldbeker-ei
Springbok-ondersteuners kyk die Wêreldbeker-eindstryd in die Three Sisters Pub op Rembrandtplein in Amsterdam. Kroeë en restaurante waar die rugby gister vertoon is, was vroegdag al stampvol entoesiastiese Springbok-ondersteuners. Foto: Inge KÜhne

“Vannag gaan ons heelnag drink,” beloof James Sebone (38) van Alexandra, terwyl hy ’n geel banier bo sy kop rondswaai.

En toe die eindfluitjie net voor 13:00 in die Weiveld blaas?

Vir ’n oomblik was daar net stilte – so asof 4 000 kele saam asem skep vir die ure se delirium wat voorlê.

Dan ontplof die plek. Kelners hou op bestellings neem om eers saam te dans met kind-op-die-heup-ouers en wildvreemdelinge wat mekaar omhels.

En eenkant, verlate, staan ’n Skotse terriër aan ’n paal vasgemaak geduldig en wag dat die landwye partytjie homself in die Weiveld uitwoed.  – Met bydraes van Hendrik Hancke, Julian Jansen en Jana Smit

Toe word die Liberty Promenade-winkelsentrum in Mi
Toe word die Liberty Promenade-winkelsentrum in Mitchells Plain ’n stadion vol jillende toeskouers wat die Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Engeland op die talle TV-skerms kyk, terwyl die omringende eetplekke goed sake doen. Die sentrum se dak het amper gelig toe die Bok-kaptein, Siya Kolisi, die gesogte Web Ellis-trofee bokant sy kop lig. Foto: Edrea du Toit

Meer oor:  Springbokke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.