Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Ek kan enigiets doen, behalwe loop’

Mense sonder gestremdhede se oogklappe het verlede Woensdag afgeval tydens die Rolstoelspele wat by die Vosloorus-stadion in Ekurhuleni gehou is.

Lede van die publiek het teen rolstoelgebruikers meegeding in ’n rolstoelmarathon en basketbal.

Lindokuhle Mtshali (26) tydens die Rolstoelspele.

Luidens ’n mediaverklaring is die spele deur die Ekurhuleni-metro en die organisasie Wheels of Change aangebied.

“Ek kan enigiets doen, behalwe loop. Mense sonder gestremdhede moet besef dis die enigste verskil tussen ons en hulle,” het Lindokuhle Mtshali (26), ’n rolstoelgebruiker, gesê.

Mtshali is as kind met spina bifida, ’n spleet in sy werwelkolom, gediagnoseer. Sy bene is geamputeer, maar vandag lei hy ’n vol lewe wat deelname in sport insluit.

“Die ergste ding wat jy aan jouself kan doen is om in isolasie te lewe en vir die buitewêreld weg te kruip.

“Daar is ander mense in rolstoele, nes jy. So gaan buite toe en lééf; die situasie kon erger gewees het.”

Mandla Nkosi, een van die deelnemers, het gesê hy haal sy hoed af vir rolstoelgebruikers.

“Die marathon en die basketbal was fisies uitputtend. Dit het my oë oopgemaak,” het Nkosi gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.