Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Ekke doen nou great,’ sê André

Die sanger André Schwartz is op Valentynsdag in die hospitaal opgeneem nadat hy septiese skok opgedoen het.

Dié foto van die sanger André Schwartz is Saterdag deur ’n persoon na aan hom op Facebook gedeel.

Motorneuronsiekte (MNS) is in September 2018 by Schwartz gediagnoseer.

’n Foto van hom in sy hospitaalbed is Saterdag op sy Facebookblad gelaai. Daarby het hy geskryf “Interesting way to end Valentines! A bit of ICU after septic shock. Doing much better!”

Net twee dae tevore het hy nog ’n foto op Facebook gelaai waar hy jolig saam met die sangeres Karlien van Jaarsveld op ’n strand poseer.

Schwartz het verlede jaar onthul dat hy spesiale behandeling kry vir die siekte wat soortgelyk is aan wat Joost van der Westhuizen gehad het.

Die medikasie wat hy gebruik se naam is Edaravone en hoewel dit eksperimenteel is, het navorsing gewys dit vertraag die geleidelike aftakeling van ’n mens se spiere as jy MNS het.

Schwartz het toe verduidelik dat die medikasie gereeld soos chemo deur ’n stent in sy bors binneaars toegedien word. Hy kry vir tien opeenvolgende dae behandeling, gevolg deur 14 rusdae.

Hy het onlangs vir Huisgenoot gesê hy het geleer om sommer self die medikasie toe te dien sodat die behandeling minder ontwrigtend is.

Schwartz het gister per Whats­App gesê hy is steeds in die hoësorgeenheid.

“Ekke doen nou great! Ek het septiese skok opgedoen nadat ek ’n drip gekry het. Ons vermoed die stent was dalk bietjie vuil. Dit het niks met my MNS te doen nie. Dis regtig maar net waarskynlik ’n bietjie vuilheid wat iewers ingekom het,” skryf hy.

“Ek was werklik siek, maar die hospitaalpersoneel was wonderlik, het my koors afgebring en ek het my bewussyn behou. My lyf is vandag maar seer van die spasmas, maar die pille help 100%,” sê hy.

Hy behoort binne die volgende paar dae ontslaan te word.

Hoewel hy weens die siekte die gebruik van die linkerkant van sy tong verloor het, kan hy steeds sing. Trouens, hy hou lekkerder konsert as ooit, het hy in Januarie vir Huisgenoot gesê.

Sy diagnose was die inspirasie vir sy album Die pad.

suzanne.venter@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.