Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
EKSKLUSIEF: Beter! beduie Naka uit hospitaalbed

Naka Drotské het met sy duim in die lug uit sy hospitaalbed in die waakeenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria gewys dat dit beter gaan.

Sy vrou, Marzanne, die enigste persoon wat by hom mag wees buiten mediese personeel, het die foto geneem waar Naka plat lê met verskeie mediese toerusting aan hom gekoppel – maar wel effens glimlag.

Blouwillem Theron, rubriekskrywer en vriend van Drotské, is in kontak met Marzanne en sê sy het laat weet dit gaan in die omstandighede goed met Naka.

Marzanne het die foto geneem van Naka om met almal te deel wat bekommerd is oor sy toestand.

Naka Drotské
Naka Drotské Saterdagoggend in die Montana-hospitaal. Hy het baie bloed verloor en kry steeds bloedoortappings, maar sy gemoedstoestand is goed, sê sy vrou, Marzanne.

Hy kon vanoggend vir ’n baie kort rukkie opstaan.

“Naka het baie bloed verloor en hy kry bloedoortappings. Hy gaan vir die afsienbare tyd in die hospitaal in Pretoria wees,” sê Theron.

Marzanne is die hele tyd aan haar man se sy. Sy het almal bedank wat vir haar boodskappe stuur en het gevra dat mense moet verstaan as sy nie nou daarop kan antwoord nie.

Naka sal later aan sy arm geopereer moet word, maar eers nadat hy aangesterk het.

* Drotské, oud-Springbok-haker en Cheetah-afrigter, is Donderdagaand op sy broer, Tinus, se hoewe in Kameeldrift buite Pretoria geskiet in ’n konfrontasie met gewapende rowers. Hy is in die arm en die bors getref.

Meer oor:  Naka Drotské  |  Skietery  |  Hospitaalbed  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.