Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Elgin-vroue bring hoop met kospakkies vir feestyd
Eunice Botha, Maria van Niekerk, Rosina April en Sophie Manual staan by van die items wat in die kospakkies kom. Foto: Verskaf

Vier vroue van die appelplaas Elgin Hills in die Overberg het 'n ondersteuningsprojek vir gesinne en die gemeenskap van Merweville, geleë in die droogtegeteisterde Karoo tussen Beaufort-Wes, Prins Albert en Sutherland, begin.

Eunice Botha, een van die stigters van die Joy project, sê die projek is begin nadat hulle ’n begrafnis van een van hul vriende en mede-plaaswerkers in sy tuisdorp, Merweville, bygewoon het.

“Armoede seëvier in die dorp en onder sy mense en boonop het die Covid-19-pandemie verder druk op die mense en die gemeenskap geplaas. Dit was net nie lekker om te sien hoe die mense sukkel nie en ons wou hulle op enige moontlike manier wat ons kon help,” sê Botha.

Sy sê hulle het besluit om kospakkies vir die mense van Merweville te maak.

“Ons noem dit pakkies van hoop, omdat dit inderdaad hoop vir die mense gee.”

Elke kospakkie sal noodsaaklike items bevat soos blikkies kos, meel, klere, niebederfbare kos en ander items, wat tydens die plaaslike supermark se promosies en spesiale aanbiedings, gekoop word.

Die kospakkies word persoonlik deur die vroue by die mense in Merweville afgelewer.

“Ons het tot dusver ons eie geld gebruik om die kospakkies aan mense te verskaf. Ons enigste wens is om ’n groter bydrae te lewer, veral omdat dit die begin van die feestyd is.”

Die toegewyde en passievolle vroue wil ’n verskil maak en sal daarom enige ondersteuning en skenking waardeer.

“Enige skenking sal help met finansiering vir die insameling van die kos en ander noodsaaklikhede vir die pakkies van hoop wat gedurende die feestyd aan die Merweville-gemeenskap afgelewer sal word.”

Meer oor:  Kospakkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.