Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Elke druppel help teen brande, sê boer
Die veld by die plaas Doringbult tussen Boshof en Kimberley nadat 3 mm reën Sondag hier geval het. Die foto is Maandag geneem. Foto: CP Scheepers

Hoewel dit sedert Sondag net effens in die brandgeteisterde dele van die Wes-Vrystaat gereën het, is boere opgewonde oor die wolke vol belofte wat saampak.

CP Scheepers (40) van die plaas Doringbult tussen Boshof en Christiana sê hoewel net 3 mm Sondag oor die gebied uitgesak het, sal hulle altyd dankbaar wees vir reën.

Hy het tussen 80% en 90% van sy weiding in veral Donderdagaand se brand verloor. Hoewel daar sprake van inhegtenisneming van brandstigters op Jan Kempdorp was, is die oorsaak van dié brand nog onbekend.

Scheepers sê enkele druppels kan verhoed dat ’n tak wat nog rook, vlamvat.

“Enige druppels sal help, maar as hy regtig goed reën, kan dit opstaanbrande verhoed. Dis ten minste ’n begin.”

Gert (75), sy pa, het Vrydagoggend sy been gebreek toe hy gehelp het om opstaanbrande in bedwang te bring. Hy het van ’n bakkie geval, maar sterk goed aan.

Scheepers sê die brande is ’n “helse tragedie” wat hulle getref het. “Dit help nie om te huil nie.”

Hy sê dit is moeilik om te voorspel wat sy week as ’n boer ná die brandtragedie gaan inhou.

“Jy dink jy gaan drade regmaak, dan kom ’n vrag voer.”

Hulle hoop vir nog reën en glo wat boere hier oorgekom het, “gaan meer oor geloof as enigiets anders”. Hulle glo hulle sal hierdeur kom en is dankbaar vir hoe mense saamgestaan het.

Gys Olivier, voorsitter van die boerevereniging op Hertzogville, sê dit het nie juis by hulle gereën nie. Net onder 1 mm is by Oorlogspoort naby Boshof gemeet, waar donderweer weer ’n klein brand veroorsaak het.

Die bietjie reën het darem gehelp om die vlamme onder beheer te bring, sê hy.

“Ons het egter 30 mm nodig om regtig ’n verskil aan die veld te sien.”

So lyk dit op Doringbult tussen Boshof en Kimberley nadat 3 mm reën Sondag geval het. Die foto is Maandag geneem. Foto: CP Scheepers
So lyk die gebrande veld op Doringbult tussen Boshof en Kimberley. Foto: CP Scheepers
Die lugfoto dui die gebied aan wat gebrand het. Foto: CP Scheepers

Meer oor:  Hertzogville  |  Boere  |  Boshof  |  Veldbrande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.