Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Emosies kry oorhand toe laaste skoot klap
Die oomblik toe die afnsyskoot Sondagaand vroeg met die 94ste Comrades in Pietermaritzburg geklap het. Emosionele tonele het hulle in die laaste paar minute afgespeel. Foto: Sarel van der Walt

Dit bly wreed, al sê wie ook wat.

Oomblikke nadat die afsnyskoot ná 12 uur in die Comrades in die skemerte op die Scottville-perdewedrenbaan in Pietermaritzburg geklap het om die einde van die wedloop aan te dui, het trompetspelers die laaste taptoe begin speel..

Dit was so finaal.

Dié wat nie betyds was nie, het verslae toegekyk hoe die eindstreepgebied voor hulle afgesper word.

Soos elke jaar met Comrades het aandoenlike tonele hulle by die eindstreep afgespeel terwyl duisende deelnemers in die laaste paar minute oor die eindstreep gestroom het.

Daar was suiwer emosie te bespied.

Sommige van die atlete het nadat hulle die eindstreep oorgesteek het, hul hande omhoog gegooi, ander het net voor hulle gestaar, party het gebid, baie het in trane uitgebars en sommige het uitgeput op die gras gaan lê.

Vreemdelinge het mekaar omhels.

So het bekendes in die Comrades gedoen:

  • Die oud-Springboklosskakel Joël Stransky (9:58:35);
  • DA-woordvoerder Solly Malatsi (10:45:12);
  • Adv. Simphiwe Mlotshwa, wat ’n kandidaat was vir die pos van nasionale direkteur van openbare vervolging (9:48:32);
  • Colin Goosen, wat in 1983 dramaties eindstreep toe gekruip het vir die tiende en laaste goue medalje (9:48:58);
  • Louis Massyn, wat sy 47ste Comrades gehardloop het (11:51:51);
  • Barry Holland, wat ook sy 47ste Comrades voltooi het (10:29:42).
Meer oor:  Comrades  |  Pietermaritzburg  |  Atlete
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.