Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Emosionele roudiens vir Allison Plaatjies gehou

’n Gemeenskap in rou.

Allison Plaatjies. Foto: Allison Plaatjies/Facebook

Dis hoe Billy Claasen, ’n gemeenskapsaktivis van die Weskus, die atmosfeer Donderdagaand op die roudiens vir die onderwyseres Allison Plaatjies (26) beskryf het.

Die roudiens is in die Anglikaanse kerk St. Luke’s in Swellendam, haar tuisdorp, gehou.

Allison se lyk is op Sondag 27 Oktober in haar huurwoonstel in Katjiepieringstraat in Clanwilliam gevind. Sy het veelvoudige sny- en steekwonde gehad.

Lizel Plaatjies, haar tante, het Vrydag gesê die roudiens was emosioneel. Sy sê die kerk was stampvol en daar was byna nie sitplek vir almal nie.

Op die vraag hoe dit met Yvonne Plaatjies, Allison se ma, gaan, het sy gesê sy is in die kombuis doenig. “Maar ek dink dit is om haar besig te hou.”

Allison word Saterdag uit St. Luke’s begrawe.

Claasen, wat een van die sprekers op die roudiens was, het in sy huldeblyk gesê: “Die blom van Swellendam is wreed weggeruk uit die gemeenskap van Clanwilliam. Dit is soms ’n troos as ’n tuinier ’n blom op ’n ander plek gaan plant, maar in die geval is die blom van Swellendam wreed en finaal uit die samelewing verwyder.”

Hy het verder gesê soos wat die trane val, staan daar tog ook wonderlike herinneringe aan Allison in almal se geheue.

“Herinneringe as ’n dogter, ’n suster, ’n familielid en ’n transformeerder in die onderwysstelsel. Mense wat jou beter ken, kan dalk ’n oomblik onthou en hulle daarin vasvang en dan ook heimwee daaroor kry. Soos ek hoor, was sy ’n spontane mense-mens.”

Allison was sedert Januarie vanjaar ’n onderwyser aan die Sederberg Primêre Skool in Clanwilliam.

Die verkeerspolisie in Citrusdal het April glo die Sondag ná die moord in Plaatjies se motor op aanklagte van dronkbestuur en bestuur sonder ’n rybewys in hegtenis geneem.

Haar kêrel, Philip April (24), is weens haar moord in hegtenis geneem. Hy het verlede Woensdag in Clanwilliam se landdroshof op aanklagte van moord, motordiefstal en regsverydeling verskyn.

Die staat voer aan dat April sy meisie van 30 maande met ’n skerp voorwerp, vermoedelik ’n mes, doodgesteek en ook haar keel afgesny het.

Hulle het mekaar sowat drie jaar gelede op die Mowbray-kampus van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) ontmoet. Albei was toe onderwysstudente.

Die verkeerspolisie in Citrusdal het April glo die Sondag ná die moord in Plaatjies se motor op aanklagte van dronkbestuur en bestuur sonder ’n rybewys in hegtenis geneem. ’n Aanklag van moord is die Maandag by die klagstaat gevoeg.

Die saak is tot 13 November vir ’n formele borgtogaansoek uitgestel.

Meer oor:  Allison Plaatjies  |  Billy Claasen  |  Philip April  |  Clanwilliam  |  Roudiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.