Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Engelrokke vir 'verlore babas'

Dit is ’n tyd van uiterste verdriet. ’n Modeontwerper van Gordonsbaai het ’n spesiale projek begin juis om ouers wat babas verloor het, te help.

The Angel Gown Initiative (TAGI) is in Junie deur Erik Elronde begin nadat ’n vriendin hom genader het om haar trourok in engelrokkies te verander. Elronde is ’n ontwerper wat trourokke maak.

Erik Elronde sit by van die engelrokkies wat hy reeds gemaak en geskenk het. Foto: Erik Elronde

Hierdie engelrokkies dien ’n spesifieke doel vir babatjies wat nooit na hul aardse huise sal kan gaan nie, verduidelik Elronde.

Sondag is internasionale swangerskaps- en die verloor van ’n babadag.

“Die rokkies is geskenke aan die ouers wat ’n baba verloor het. Dit is iets spesiaal waarin hulle hul baba na die hiernamaals kan stuur.”

Elronde het gesê die inisiatief het in Junie begin toe ’n vriendin van hom gevra het om ’n engelrok van haar trourok te maak.

Trourokke word losgetorring en die engelrok met die hand gemaak, nes ’n trourok gemaak sou word, met dieselfde elegante afwerkings.

Die skêr en gare wys hoe klein hierdie engelrokkies eintlik is.Foto: Erik Elronde
Nog ’n voorbeeld van ’n engelrokkie wat Erik Elronde gemaak en geskenk het. Foto: Erik Elronde

Hierna word dit gratis aan hospitale uitgedeel sodat dit onder gesinne wat babas verloor het versprei kan word.

In die afgelope vier maande het Elronde reeds sowat 61 trourokke ontvang en hiervan het hy om en by 102 engelrokkies gemaak. In die afgelope week het hy 47 rokke van ’n anonieme skenker gekry.

Elronde verduidelik in Brittanje, Amerika en selfs Australië is dit ’n baie gewilde ding, maar nie in SA nie.

“Daar is duidelik ’n groot aanvraag vir die rokke,” het hy gesê.

Daar is vier groottes wat Elronde maak, naamlik micro (0,6 kg tot 1,1 kg), tiny (0,9 kg – 1,8 kg), preemie (1,3 kg – 2,7 kg) en newborn (2,2 kg – 3,6 kg).

Elke skenking word noukeurig geboekstaaf en skenkers word bedank.

Van die hospitale waar Elronde al engelrokkies gaan skenk het, is by die onderskeie MediClinic-hospitale in Vredendal, Paarl en Stellenbosch.

“Die inisiatief het nou ’n lewe van sy eie gekry,” het Elronde gesê.

Mense wat belangstel om betrokke te maak, kan Erik kontak op TAGI@erikrhouse.com of op Facebook

Meer oor:  Dood  |  Babas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.