Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Taxi's betoog teen xenofobie in Tshwane

Verskeie strate in die middestad van Pretoria gaan Dinsdag geraak word deur 'n yslike optog deur twee nasionale taxiverenigings. 

Lede van die ­National Taxi Alliance (NTA) en die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxivereniging (Santaco) gaan in 'n stoet deur die strate ry. 

Video's van taxibestuurders wat teen xenofobie, dwelms en geweld teen vroue betoog, word tans op Twitter gedeel.

Volgens inligting wat die Tshwane-metroraad op Twitter geplaas het, gaan die taxi's omstreeks 09:00 by die ou Putco-depot op die hoek van Strubenstraat en Es’kia Mphahlele-rylaan bymekaarkom, waarna hulle omstreeks 10:00 na verskillende taxistaanplekke gaan ry. Hulle gaan 'n spesifieke roete volg en sal teen 15:00 na die depot terugkeer.

paaie, pretoria
Die paaie wat deur die betogings geraak word. Foto: Twitter

Meer oor:  Tshwane  |  Pretoria  |  Gauteng  |  Verkeer  |  Taxivereniging  |  Motoriste  |  Staking  |  Taxis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.