Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Crowd1 ‘hou baie hoë risiko in’, maan reguleerder

“Hoewel dit waar is dat alle beleggings riskant is, moet ’n entiteit wat nie ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer is nie, as ’n baie hoë risiko beskou word. Die aard daarvan is dikwels bedrieglik en sal waarskynlik lei tot verliese vir kliënte, wat nie verhaal sal kan word nie.

Só sê die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) Dinsdag in ’n verklaring waarin hy die rooi vlag oor die entiteit Crowd1 hys.

Crowd1 is nie ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer nie.

Dit kom ná mediaberigte dat dié entiteit, wat homself ’n bemarkingsfirma noem wat oor die landsgrense heen aanlyn bedryf word, al die eienskappe van ’n piramideskema het.

Verskeie Suid-Afrikaanse bekendes, soos die Springbok-rugbyspelers Jacques Potgieter en Eben Etzebeth, is lede van die skema.

“Crowd1 is nie ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer nie. Daar is ook geen bewys dat die entiteit by die FSCA om ’n lisensie aansoek gedoen het nie,” lui die verklaring.

’n Eenheid van die Reserwebank ondersoek tans die entiteit. Die Bank van Namibië het Crowd1 onlangs verbied nadat bevind is dat dit inderwaarheid ’n piramideskema is wat op die ou einde ineen gaan stort, berig Business Insider.

Ingevolge die Wet op die Regulering van die Finansiële Sektor word van die FSCA vereis om enige entiteit wat finansiële dienste verskaf, te reguleer en te ondersoek.

Met die internet versprei die skema soos ’n virus, maar iewers gaan die bus stop en mense sal geld verloor.

Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om net sake te doen met finansiële entiteite wat by die hom en onder die Maatskappywet geregistreer is.

Verskeie Suid-Afrikaanse lede van Crowd1 met wie Netwerk24 Maandag gepraat het, het ten sterkste ontken dat daar iets onderduims aan die skema is en meen daar is ’n wanpersepsie oor wat Crowd1 behels.

Magnus Heystek, ’n gesoute beleggingsadviseur, het egter volgehou dat die skema oor al die kenmerke van ’n piramideskema beskik.

Volgens hom word mense, wat teen ’n eenmalige bedrag van sowat R2 000 aansluit, ’n rat voor die oë gedraai omdat die entiteit nie na ’n tradisionele piramideskema lyk nie. Tog sê hy dit is bloot ’n aanlyn weergawe daarvan.

“Met die internet versprei die skema soos ’n virus, maar iewers gaan die bus stop en mense sal geld verloor,” het Heystek gesê.

Die FSCA vra die publiek verder om altyd op hul hoede te wees wanneer hulle genader word deur ’n persoon of entiteit wat ’n beleggingsgeleentheid voorhou.

“Dit is ook belangrik om te onthou dat as iets te goed klink om waar te wees, dit waarskynlik is. Dit is wys om altyd eers gerespekteerde finansiële instellings te oorweeg wat vir jou geld verantwoordbaar gehou kan word.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.